1 Toe het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing.
2 Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.
3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
4 Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord.
5 Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.
6 Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.
7 Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.
8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.
9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want 'n mens oorwin nie deur krag nie.
10 Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.
11 Daarna het Âlkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die HERE bly dien het.
12 Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie.
13 Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was so: As iemand 'n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietand-vurk in sy hand,
14 en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.
15 Selfs voordat hulle die vet aan die brand steek, kom die dienaar van die priester en sê aan die man wat offer: Gee vleis om vir die priester te braai, want hy sal nie gekookte nie, maar net rou vleis van jou neem.
16 As die man vir hom sê: Laat hulle net eers die vet aan die brand steek, neem dan vir jou soos jou siel begeer -- dan sê hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.
17 En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die HERE, want die mense het die offer aan die HERE verag.
18 Maar Samuel het as seun gedien voor die aangesig van die HERE, omgord met 'n linne-skouerkleed.
19 En sy moeder was gewoond om vir hom 'n klein manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.
20 Dan seën Eli Âlkana en sy vrou en sê: Mag die HERE jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan die HERE afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.
21 En die HERE het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by die HERE.
22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms,
23 dan sê hy vir hulle: Waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle slegte dinge moet hoor?
24 Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die HERE oortree.
25 As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.
26 Maar die seun Samuel het toegeneem in grootte en in guns by die HERE sowel as by die mense.
27 En daar het 'n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?
28 En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om op my altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om die skouerkleed te dra voor my aangesig; en Ek het aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee.
29 Waarom verag julle my slagoffer en my spysoffer wat Ek in my woning beveel het, en eer jy jou seuns meer as vir My deur julle vet te voer met die beste van elke offergawe van my volk Israel?
30 Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
31 Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.
32 Dan sal jy die benoudheid van my woning aanskou, in alles waarin Hy aan Israel goed sal doen; en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie.
33 Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.
34 En dit sal vir jou die teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en P¡nehas, sal kom: Op een dag sal hulle altwee sterwe.
35 En Ek sal vir My 'n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, en Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.
36 En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n geldstukkie en 'n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet.
1 哈拿祷告说: "我的心因耶和华喜乐, 我的角因耶和华高举, 我的口向仇敌大大夸耀, 因为我以你的救恩为乐。
2 没有人像耶和华那么圣洁, 因为除你以外没有别的神, 也没有磐石像我们的 神。
3 你们不要多说骄傲的话, 也不要口出狂妄之言, 因为耶和华是全知的 神, 人的一切行为他都鉴察。
4 勇士的弓都被折断, 跌倒的人却以力量束腰。
5 饱足的, 要劳碌觅食, 饥饿的, 不再饥饿; 不能生育的, 生了七个儿女, 有过许多儿女的, 反倒衰微。
6 耶和华使人死, 也使人活; 使人下阴间, 也使人从阴间上来。
7 耶和华使人贫穷, 也使人富足; 使人降卑, 也使人升高。
8 他从灰尘中抬举贫寒的人, 从粪堆中提拔穷乏的人, 使他们与显贵同坐, 承受尊贵的座位。大地的柱子属于耶和华, 他把全地安放在柱子上面。
9 耶和华必保护虔诚人的脚步, 却使恶人在黑暗中灭亡, 因为人得胜不是靠着力量。
10 至高者在天上打雷, 耶和华必打碎与他作对的人。耶和华要审判地的四极, 却要赐力量给他所立的王, 高举他膏立之人的角。"
11 后来, 以利加拿回拉玛自己的家去。那孩子却留在以利祭司面前事奉耶和华。
12 以利的两个儿子是无赖, 不尊重耶和华,
13 也不理会当时祭司待人民的规矩。有人献祭, 在煮肉的时候, 祭司的仆人就来, 手里拿着三齿的叉,
14 把叉子插入煎盘里, 或鼎里, 或釜里, 或锅里, 叉子插上来的, 祭司都拿去。所有到示罗来的以色列人, 祭司都是这样待他们。
15 还有, 在焚烧脂油以前, 祭司的仆人就来, 对献祭的人说: "把祭肉交给祭司烧烤吧, 因为他不会向你要煮过的肉, 单要生的。"
16 如果那人对仆人说: "必须先把脂油焚烧了, 然后你才可以随意去拿。"他就说: "不可以, 你现在就要给我, 否则我就抢去。"
17 这样, 那两个青年人在耶和华面前所犯的罪很大, 因为他们藐视献给耶和华的祭物。
18 那时, 撒母耳还是个孩童, 束着细麻布的以弗得, 在耶和华面前事奉。
19 撒母耳的母亲每年为他做一件小外袍, 她和丈夫一同上来献年祭的时候, 就带来给他。
20 以利给以利加拿和他的妻子祝福, 说: "愿耶和华从这妇人身上还给你后裔, 代替你献给耶和华的孩子。"他们就回自己的地方去了。
21 耶和华眷顾哈拿, 她再怀孕, 先后生了三个儿子和两个女儿。那孩子撒母耳在耶和华面前, 渐渐长大。
22 以利已经老了, 听见自己的儿子对待以色列人的一切事, 又听见他们与在会幕门口侍应的妇女同寝。
23 以利就对他们说: "你们为什么作这些事?我亲自从众民那里听见了你们的恶行。
24 我儿啊, 不要这样, 因为我听见的消息很不好, 你们使耶和华的子民违背律法。
25 如果有人得罪人, 有官长("官长"原文作" 神")惩罚他; 如果有人得罪耶和华, 有谁为他求情呢?"他们却不听父亲的话, 因为耶和华有意要杀他们。
26 那孩子撒母耳的身量, 耶和华和众人对他的喜爱, 都不断增长。
27 有一位神人来见以利, 对他说: "耶和华这样说: ‘你父家在埃及法老家为奴的时候, 我不是向他们显现吗?
28 我不是从以色列众支派中, 选出他们作我的祭司, 上我的坛烧香, 在我面前穿以弗得吗?我不是把以色列人所献的火祭, 都赐给了你的父家吗?
29 你们为什么还以妒羡的眼光, 轻视我所吩咐要献上的祭牲和礼物呢?你为什么尊重你的儿子过于尊重我, 用我子民以色列所献一切最好的礼物自肥呢?’
30 因此, 耶和华以色列的 神说: ‘我曾说: 你的家和你的父家, 必永远行在我面前。’现在耶和华却说: ‘我决不容你们这样行了, 因为尊重我的, 我必尊重他; 藐视我的, 必受到轻视。
31 日子快到了, 我要砍下你和你父亲的膀臂, 使你家中再没有有权势的长者。
32 我赐给以色列人的一切福分, 你必像一个对头, 以嫉妒的眼光来看; 而在你的家中, 必永远再没有有权势的长者。
33 我必不从我的祭坛那里灭绝你家的人, 免得你的眼睛昏花, 心灵忧伤, 但所有你家中增添的人都必像世人一样死去。
34 你的两个儿子何弗尼和非尼哈所要遭遇的事, 是给你的一个证据: 他们二人必同日而死。
35 我要为自己兴起一位忠心的祭司, 他必依照我的心意行事; 我要为他建立一个稳固的家, 他一生必行在我的受膏者面前。
36 你家中剩下的人, 都要来向他下拜; 求一个银币, 一块饼, 也要说: 求你容我参与祭司的职务, 使我可以有点饼吃。’"