1 En Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek dadelik ontsnap na die land van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van Israel te soek, en ek sal uit sy hand ontsnap.
2 Dawid maak toe klaar, en hy saam met die ses honderd man wat by hom was, het deurgetrek na Agis, die seun van Maog, die koning van Gat.
3 En Dawid het by Agis gebly in Gat, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin; Dawid met sy twee vroue, Ah¡noam uit J¡sreël en Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.
4 Toe Saul tyding kry dat Dawid na Gat gevlug het, het hy verder nie meer na hom gesoek nie.
5 En Dawid het vir Agis gesê: As ek dan guns in u oë gevind het, laat hulle my tog 'n plek gee in een van die plattelandse stede, dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u woon?
6 Daarop gee Agis dieselfde dag Siklag aan hom; daarom het Siklag aan die konings van Juda behoort tot vandag toe.
7 En die getal dae wat Dawid in die land van die Filistyne gewoon het, was een jaar en vier maande.
8 En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het die Gesuriete en die Girsiete en die Amalekiete oorval, want hulle was van ouds die bewoners van die land in die rigting van Sur en tot aan Egipteland.
9 En so dikwels as Dawid die land oorval, laat hy geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom,
10 vra Agis: Waar het julle vandag 'n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van Juda en in die Suidland van die Jeragmeëliete en in die Suidland van die Keniete.
11 Maar geen man of vrou het Dawid laat lewe om die na Gat te bring nie, want hy het gedink: Anders sal hulle ons aangee en sê: So het Dawid gehandel. En dit was sy manier al die dae wat hy in die land van die Filistyne gewoon het.
12 En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het homself vir goed by sy volk, by Israel, gehaat gemaak en sal vir altyd my onderdaan wees.
1 大卫心里说: "总有一天, 我会死在扫罗的手里, 我倒不如逃奔到非利士人的国土, 扫罗对我就会死心, 不再在以色列全境寻索我, 我就可以逃脱他的手了。"
2 于是大卫起来, 和跟随他的六百人都越过边界, 到迦特王玛俄的儿子亚吉那里去。
3 大卫和跟随他的人, 以及他们各人的家眷, 都与亚吉一同住在迦特。大卫的两个妻子, 就是耶斯列人亚希暖和作过拿八妻子的迦密人亚比该也都住在那里。
4 有人告诉扫罗, 大卫已经逃到迦特去了, 扫罗就不再寻索他了。
5 大卫对亚吉说: "我若是在你眼前蒙恩, 求你在这地的城市中, 给我一个地方, 让我住在那里。为什么要你的仆人与你一同住在王城呢?"
6 那天, 亚吉就把洗革拉赐给大卫, 因此, 洗革拉直到今日还是属犹大王的。
7 大卫在非利士人的乡镇居住的日子, 共有一年零四个月。
8 大卫和跟随他的人上去袭击基述人、基色人和亚玛力人, 这些人自古以来就是这地的居民, 居于书珥到埃及地之间。
9 大卫攻打那地, 无论男女, 都不让一人存活, 又掳走了牛、羊、驴子、骆驼和衣服, 然后回来, 到亚吉那里去。
10 亚吉问: "你们今天袭击了什么地方呢?"大卫回答: "我们袭击了犹大的南方, 耶拉蔑的南部, 和基尼的南方。"
11 无论男女, 大卫都不让一人活着带到迦特来, 他说: "恐怕他们把我们的事告诉别人, 说: ‘大卫作了这样的事, 他住在非利士人乡镇的日子, 常常这样作。’"
12 亚吉相信了大卫, 心里说: "他在自己的族人以色列中留下了臭名, 他必永远作我的仆人了。"