1 En daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings van ngedi gebly.

2 En net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die woestyn van ngedi.

3 Daarop het Saul drie duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse.

4 Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar 'n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit.

5 En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die HERE aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af.

6 Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het,

7 en hy het aan sy manne gesê: Mag die HERE my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die HERE, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die HERE.

8 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.

9 Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My heer die koning! Toe Saul agter hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

10 En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: Kyk, Dawid soek u onheil?

11 Kyk, vandag sien u eie oë dat die HERE u vandag in die spelonk in my hand gegee het; en hulle het gesê ek moet u doodmaak, maar ek het u verskoon en gesê: Ek sal my hand nie uitsteek teen my heer nie, want hy is die gesalfde van die HERE.

12 En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen kwaad of oortreding is en ek nie teen u gesondig het nie, alhoewel u op my lewe loer om dit weg te neem.

13 Die HERE sal oordeel tussen my en u, en die HERE sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie.

14 Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die goddelose gaan goddeloosheid uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie.

15 Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter 'n dooie hond, agter een enkele vlooi aan!

16 Maar die HERE sal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.

17 Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween

18 en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het.

19 En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik die HERE my in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie.

20 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op 'n goeie pad laat gaan? Maar die HERE sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.

21 En nou, kyk, ek weet jy sal sekerlik koning word, en die koningskap oor Israel sal in jou hand standhou.

22 Sweer dan nou vir my by die HERE dat jy my geslag n my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie. [ (I Samuel 24:23) Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na die bergvesting opgetrek. ]

1 扫罗追赶非利士人回来的时候, 有人告诉他说: "看哪, 大卫在隐.基底的旷野。"(本节在《马索拉抄本》为24:2)

2 扫罗就从以色列人中选出三千精兵, 带领他们到野羊磐石去搜索大卫和跟随他的人。

3 到了路旁的羊圈, 那里有一个洞, 扫罗进去大解; 那时, 大卫和跟随他的人正坐在洞里的深处。

4 跟随大卫的人对他说: "耶和华曾应许你说: ‘我要把你的仇敌交在你的手里, 你可以随意待他。’看哪! 今天就是时候了。"于是大卫起来, 悄悄地割下扫罗外袍的衣边。

5 事后, 大卫为了割下扫罗的衣边, 心中自责,

6 就对跟随他的人说: "我在耶和华面前绝对不能这样对待我主耶和华的受膏者, 我绝对不能动手攻击他, 因为他是耶和华的受膏者。"

7 大卫用这些话阻止了跟随他的人, 不让他们起来攻击扫罗。扫罗起来, 出了山洞, 继续走他的路去了。

8 随后, 大卫也起来, 离开了山洞, 在扫罗背后呼叫, 说: "我主! 我王! "扫罗回头向后看的时候, 大卫就脸伏于地, 向他叩拜。

9 大卫对扫罗说: "你为什么听信人的话, 说: ‘大卫想要害你’呢?

10 现在你亲眼看到, 今天耶和华在山洞里, 把你交在我手里。有人叫我杀你, 我却爱惜你。我说: ‘我不敢下手伤害我主, 因为他是耶和华的受膏者。’

11 我父啊, 请看, 你外袍的衣边在我手中。我割下了你外袍的衣边, 却没有杀你。你从此可以知道, 也可以看出我手中没有邪恶, 也没有过犯。我虽然没有得罪你, 你却要猎取我的性命。

12 愿耶和华在你我之间判断是非; 愿耶和华在你身上为我伸冤。我的手却不敢伤害你。

13 正如古时的格言: ‘恶事出于恶人。’所以, 我的手不敢伤害你。

14 以色列的王出去追捕谁呢?你现在追赶谁呢?不过是追赶一条死狗, 一只跳蚤吧了!

15 愿耶和华在你我中间施行审判, 断定是非; 愿他鉴察, 为我的案件伸冤, 救我脱离你的手。"

16 大卫对扫罗说完了这些话, 扫罗就说: "我儿大卫啊, 这是你的声音吗?"于是扫罗放声大哭,

17 对大卫说: "你比我公义, 因为你以良善待我, 我却以恶待你。

18 今天你所作的说明了你以良善待我, 因为耶和华把我交在你手里, 你却没有杀我。

19 如果人遇见仇敌, 怎会让他平平安安离去呢?愿耶和华因你今天对我所作的报答你。

20 现在我知道你必要作王, 以色列的王国必在你手里坚立起来。

21 现在你要指着耶和华向我起誓, 不剪除我的后裔, 也不从我父家消灭我的名。"

22 于是大卫向扫罗起誓, 扫罗就回自己的家去了, 大卫和跟随他的人也上山寨去了。