1 En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.
2 In die tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap -- sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie --
3 toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die HERE waar die ark van God was,
4 het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.
5 Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê.
6 Verder het die HERE Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.
7 Maar Samuel het die HERE nog nie geken nie; ook was die woord van die HERE nog nie aan hom geopenbaar nie.
8 En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep het.
9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê.
10 Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.
11 Toe het die HERE aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan 'n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
12 Di, dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.
13 En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het; want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.
14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie.
15 En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die HERE oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.
16 En Eli het Samuel geroep en gesê: Samuel, my seun! En hy antwoord: Hier is ek.
17 Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.
18 En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die HERE; laat Hom doen wat goed is in sy oë.
19 En Samuel het groot geword, en die HERE was met hom; en Hy het nie een van al sy woorde onvervuld laat bly nie.
20 En die hele Israel van Dan tot Bers,ba het erken dat Samuel betroubaar was as 'n profeet van die HERE.
21 En die HERE het weer verskyn in Silo; want die HERE het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die HERE.
1 那孩子撒母耳在以利面前事奉耶和华, 在那些日子, 耶和华的言语稀少, 异象也不常有。
2 有一天, 以利躺卧在自己的地方, 他的眼睛早已昏花, 不能看得清楚了。
3 神的灯还没有熄灭, 撒母耳躺卧在耶和华的殿中, 就是安放 神约柜的地方。
4 耶和华呼唤撒母耳, 他说: "我在这里。"
5 他就跑到以利那里, 说: "你呼唤我, 我在这里。"以利说: "我没有呼唤你, 回去睡吧。"他就回去睡了。
6 耶和华再次呼唤撒母耳, 他就起来走到以利那里, 说: "你呼唤我, 我在这里。"以利说: "我儿, 我没有呼唤你, 回去睡吧。"
7 那时撒母耳还没有认识耶和华, 因为耶和华的话还没有向他启示。
8 耶和华第三次呼唤撒母耳, 他又起来, 走到以利那里, 说: "你呼唤我, 我在这里。"以利就明白是耶和华呼唤这孩子。
9 因此以利对撒母耳说: "去睡吧! 如果他呼唤你, 你就说: ‘耶和华啊! 请说, 仆人敬听。’"于是撒母耳回去, 仍然睡在自己的地方。
10 耶和华又来站着, 像前几次一样呼唤: "撒母耳, 撒母耳! "他回答: "请说! 仆人敬听。"
11 耶和华对撒母耳说: "看哪! 我要在以色列中行一件事, 听见的人, 都必耳鸣;
12 在那日, 我必在以利身上彻底实现我论到他的家所说的一切话。
13 我曾告诉他: ‘我必按着他所知道的罪孽永远处罚他的家。这罪就是他的儿子自招咒诅, 他也不责备他们。’
14 所以我向以利家起了誓: ‘以利家的罪孽永远不能用祭物或供物来买赎。’"
15 撒母耳睡到天亮, 他就开了耶和华殿的门。但撒母耳不敢把异象告诉以利。
16 以利呼唤撒母耳, 说: "我儿撒母耳! "他回答: "我在这里。"
17 以利说: "耶和华对你说了什么话呢?你不要向我隐瞒, 他对你所说的一切话, 如果你向我隐瞒一句, 愿 神对付你, 并且加倍对付你。"
18 于是撒母耳把一切话都告诉了以利, 一句也没有隐瞒。以利说: "他是耶和华, 他看怎么好, 就怎么行吧。"
19 撒母耳渐渐长大, 耶和华与他同在, 使他所说的一切话, 没有一句落空。
20 从但到别是巴, 以色列人都知道撒母耳被耶和华确立为先知。
21 耶和华又在示罗显现, 因为耶和华在示罗借着他的话向撒母耳启示自己。