1 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.

2 Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,

3 hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,

4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bed,linge van die Heilige Gees volgens sy wil?

5 Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;

6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?

7 U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.

8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;

9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.

11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,

12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;

13 en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.

14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het -- dit is die duiwel --

15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.

17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy die help wat versoek word.

1 因此, 我们必须更加密切注意所听过的道理, 免得我们随流失去。

2 那透过天使所传讲的信息既然是确定的, 所有干犯和不听从的, 都受了应得的报应。

3 如果我们忽略了这么大的救恩, 怎么能逃罪呢?这救恩起初是由主亲自宣讲的, 后来听见的人给我们证实了。

4 神又照着自己的旨意, 用神迹、奇事和各样异能, 以及圣灵的恩赐, 与他们一同作见证。

5 神并没有把我们所说的"将来的世界", 交给天使管辖;

6 但是有人在圣经上某一处证实说: "人算什么, 你竟记念他?世人算什么, 你竟眷顾他?

7 你使他比天使稍低微一点, 却赐给他荣耀尊贵作冠冕, (有些古卷在此有"并立他统管你手所造的一切"一句)

8 使万物都服在他的脚下。"既然万有都服了他, 就没有剩下一样不服他的了。但是现在我们还没有看见万有都服他。

9 不过, 我们看见那位暂时成了比天使卑微的耶稣, 因为受了死的痛苦, 就得了荣耀尊贵作冠冕, 好叫他因着 神的恩典, 为万人尝了死味。

10 万有因他而有、借他而造的那位, 为了要带领许多儿子进入荣耀里去, 使救他们的元首借着受苦而得到成全, 本是合适的。

11 因为那位使人成圣的, 和那些得到成圣的, 同是出于一个源头; 所以他称他们为弟兄也不以为耻。

12 他说: "我要向我的弟兄宣扬你的名, 我要在聚会中歌颂你。"

13 又说: "我要信靠他。"又说: "看哪, 我和 神所赐给我的孩子们。"

14 孩子们既然同有血肉之体, 他自己也照样成为血肉之体, 为要借着死, 消灭那掌握死权的魔鬼,

15 并且要释放那些因为怕死而终身作奴仆的人。

16 其实, 他并没有救援天使, 只救援亚伯拉罕的后裔。

17 所以, 他必须在各方面和他的弟兄们相同, 为了要在 神的事上, 成为仁慈忠信的大祭司, 好为人民赎罪。

18 因为他自己既然经过试探, 受了苦, 就能够帮助那些被试探的人。