1 Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.

2 Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.

3 Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.

4 Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.

5 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.

6 Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.

7 Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.

8 In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

9 Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.

10 Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.

11 Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere;

12 en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.

13 En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.

14 Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.

15 As hulle ook die aanval begin -- dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.

16 Kyk, k het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het k die verderwer geskape om te verniel.

17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.

1 不能生育、没有生养过孩子的啊! 你要欢呼。没有生产过的啊! 你要发声欢呼, 高声呼喊。因为弃妇比有夫之妇有更多儿子。这是耶和华说的。

2 要扩张你帐幕的地方, 伸展你居所的幔子, 不要限制; 要拉长你的绳索, 坚固你的橛子。

3 因为你要向南向北扩展, 你的后裔必占有列国之地, 又使荒废了的城镇有人居住。

4 不要惧怕, 因为你必不致蒙羞; 也不要抱愧, 因为你必不致受辱, 你必忘记你幼年时的羞愧, 也不再记念你寡居时的耻辱。

5 因为造你的, 就是你的丈夫; 万军之耶和华是他的名; 救赎你的, 就是以色列的圣者; 他被称为全地的 神。

6 因为耶和华召唤你, 如同召唤被离弃、心灵忧伤的妻子, 就是幼年时所娶却被弃绝的妻子; 这是你的 神说的。

7 我只是暂时离弃你, 却以极大的怜悯把你招聚回来。

8 在怒气涨溢的时候, 我暂时向你掩面, 却要以永远的慈爱怜悯你; 这是耶和华你的救赎主说的。

9 这事对我就好像挪亚时代的洪水一般; 我怎样起誓不再使挪亚时代的洪水漫过大地, 我也照样起誓不向你发怒, 也不斥责你。

10 虽然大山可以挪开, 小山可以迁移, 但我的慈爱必不从你身上挪开, 我和平的约也必不迁移; 这是怜悯你的耶和华说的。

11 受困苦、被风飘荡、不得安慰的啊! 你看, 我要用彩色的石头安置你的基石, 以蓝宝石奠定你的根基。

12 又用红宝石做你的城楼, 用红玉做你的城门, 用各种宝石做你四周的围墙。

13 你所有的儿女都必受耶和华的教导, 你的儿女必大享平安。

14 你必因公义得以坚立; 你必远离欺压, 你必无所惧怕; 你也必远离惊吓, 因为惊吓必不会临近你。

15 看哪! 必有人起来攻击你, 但那不是出于我; 攻击你的, 必因你仆倒。

16 看哪! 那吹炭火、打造出合用武器的铁匠, 是我创造的; 那残害人、行毁灭的, 也是我创造的。

17 为攻击你而制成的武器, 都没有效用; 在审判的时候兴起来与你争辩的舌头, 你都必定它为有罪。这是耶和华众仆人的产业, 他们的义是从我而得; 这是耶和华说的。