1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
2 Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
3 Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
4 Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte -- die het Hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders -- ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote -- wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
12 Daarom sal Ek Hom 'n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
1 谁会相信我们所传的?耶和华的膀臂向谁显露呢?
2 他在耶和华面前如嫩芽生长起来, 像根出于干旱之地; 他没有佳形, 也没有威仪, 好叫我们仰慕他; 他也没有美貌, 使我们被他吸引。
3 他被藐视, 被人拒绝, 是个多受痛苦, 熟悉病患的人。他像个被人掩面不看的人一样; 他被藐视, 我们也不重视他。
4 原来他担当了我们的病患, 背负了我们的痛苦; 我们却以为他受责打, 被 神击打和苦待了。
5 然而他是为了我们的过犯被刺透, 为了我们的罪孽被压伤; 使我们得平安的惩罚加在他身上, 因他受了鞭伤, 我们才得医治。
6 我们众人都如羊走迷了路, 各人偏行己路; 耶和华却把我们众人的罪孽, 都归在他身上。
7 他被虐待, 受痛苦的时候, 他并不开口; 他像羊羔被牵去屠宰, 又像羊在剪羊毛的人面前寂然无声, 他也是这样不开口。
8 他受拘禁和审判以后被带走; 至于他那个世代的人中, 有谁想到从活人之地被剪除, 被击打, 是因我子民的过犯呢?
9 虽然他从来没有行过强暴, 他的口里也没有诡诈, 人还是使他与恶人同埋, 但死的时候与财主同葬。
10 耶和华却喜悦把他压伤, 使他受痛苦; 耶和华若以他的性命作赎罪祭, 他必看见后裔, 并且得享长寿; 耶和华所喜悦的, 必在他手中亨通。
11 他受了生命之苦以后, 必看见光明, 并且心满意足; 我的义仆必使许多人因认识他而得称为义, 他也必背负他们的罪孽。
12 所以, 我要使他与伟大的人同分, 他必与强盛的均分掳物, 因为他把自己的性命倾倒, 以致于死。他被列在罪犯之中, 却担当了多人的罪, 又为罪犯代求。