1 Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie --
2 want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel, HERE van die leërskare is sy Naam.
3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.
4 Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is, en jou nek 'n ystersening is, en jou voorhoof koper,
5 daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.
6 Jy het dit gehoor -- aanskou dit alles! Sal julle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.
7 Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie!
8 Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af 'n oortreder genoem is.
9 Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.
10 Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.
11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen -- want ag, hoe is my Naam ontheilig! -- en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
12 Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.
13 Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
14 Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.
15 Ek, Ek het dit gespreek, ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.
16 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.
17 So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;
19 dan sou jou nakomelinge gewees het soos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!
20 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die HERE het sy kneg Jakob verlos;
21 en hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.
22 Geen vrede, sê die HERE, vir die goddelose nie!
1 雅各家, 就是被称为以色列的, 从犹大的水源出来的, 指着耶和华的名起誓, 却不是出于诚实和公义, 提说以色列的 神的啊! 你们要听这话。
2 他们被称为圣城的人, 又倚靠以色列的 神; 他的名字是万军之耶和华。
3 主说: "先前的事, 我从古时就预言过了, 已经从我的口里说出来了, 又说给人听了; 我忽然行事, 事情就都成就了。
4 因为我知道你是顽固的, 你的颈项是铁的, 你的额是铜的,
5 所以我从古时就告诉了你; 在事情还没有发生以前, 我就说给你听了, 免得你说: ‘这些事是我的偶像所作的, 是我的雕像和铸像所命定的。’
6 你已经听见了, 现在要注意这一切事。难道你不述说吗?从今以后, 我要把新的事, 就是你不知道的隐秘的事, 告诉你。
7 这些事是现在才造成的, 并不是从古时就有的; 在今天以前, 你还未曾听见过, 免得你说: ‘看哪! 这些事我早已知道了。’
8 你从来没有听过, 也不知道; 你的耳朵从来未曾开通。我原知道你行事非常诡诈; 你自出母胎以来, 就被称为叛徒。
9 为了我的名的缘故, 我暂时不发怒; 为了我的名誉的缘故, 我向你忍耐; 不把你剪除。
10 看哪! 我熬炼了你, 却不像熬炼银子; 你在苦难的炉中, 我拣选了你。
11 为了我自己的缘故, 我必作这事。我的名怎能被亵渎呢?我必不把我的荣耀归给别人。
12 "雅各, 我所呼召的以色列啊! 你要听我的话。我就是‘那位’, 我是首先的, 也是末后的。
13 我的手奠定了大地的根基, 我的右手展开了诸天; 我一呼唤它们, 它们就一同站着侍候。
14 列国啊! 你们都要集合起来听。他们中间有谁预言过这些事呢?耶和华爱他, 他必向巴比伦行他所喜悦的; 他的膀臂也必击打迦勒底人。
15 我亲自说过, 又呼召了他; 我带领了他来, 他所行的就必亨通。
16 你们要就近我, 当听这话: ‘从起初我就没有在隐密处说过话, 自从有这事情的存在, 我就在那里。’现在主耶和华差遣了我和他的灵。
17 耶和华你的救赎主, 以色列的圣者, 这样说: ‘我是耶和华你的 神, 是教导你, 使你得益处的, 是在你当行的道路上引导你的。
18 但愿你一向都留心听从我的命令, 这样你的平安就像河水滔滔, 你的公义就如海浪滚滚;
19 你的后裔必像海沙那么多, 你腹中的子孙要如沙粒这样多; 他们的名字必不会被剪除, 也不会从我面前消灭。
20 "你们要从巴比伦出来, 从迦勒底人中逃出来, 你们要用欢呼的声音宣告, 把这事说给人听, 你们要把这事宣扬出去, 直到地极, 说: ‘耶和华救赎了他的仆人雅各了。’
21 耶和华领他们走过荒野的时候, 他们并不干渴; 他为他们使水从磐石流出来。他裂开磐石, 水就涌出来。
22 耶和华说: ‘恶人没有平安。’"