1 Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
2 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseënen hom vermenigvuldig.
3 Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.
5 My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.
6 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.
7 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;
8 want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.
9 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?
10 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?
11 So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.
12 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? --
13 dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?
14 Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.
15 Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam!
16 En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!
17 Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die HERE die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.
18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.
19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom -- wie het medelyde met jou? -- verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos?
20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God.
21 Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!
22 So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.
23 Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos 'n straat vir die wat daaroor gaan.
1 追求公义、寻求耶和华的啊! 你们要听我的话。你们要瞻仰那磐石, 你们就是从其上凿出来的; 你们要瞻仰那采石坑, 你们就是从其中挖出来的。
2 你们要瞻仰你们的祖宗亚伯拉罕, 他们也要瞻仰那生你们的撒拉。亚伯拉罕独自一人的时候, 我呼召了他, 赐福给他, 使他有很多子孙。
3 耶和华必安慰锡安, 他要安慰它的一切荒场, 使它的旷野像伊甸园一样, 使它的荒地像耶和华的园子一般, 在其中必有欢喜快乐、感谢和歌声。
4 我的子民哪! 你们要留心听我; 我的民族啊! 你们要侧耳听我。因为训诲必从我而去; 我必坚立我的判词为万民之光。
5 我的公义临近, 我的拯救已经发出了, 我的膀臂审判万民, 众海岛的人都要等候我, 并且仰赖我的膀臂。
6 你们要仰观天空, 俯视大地; 因为诸天必像烟云消散, 大地要像衣服渐渐破旧; 其上的居民必像蠓虫死亡, 但我的拯救却永远长存, 我的公义也不会废去。
7 认识公义, 把我的训诲存在心里的人民哪! 你们要听我的话。你们不要怕人的辱骂, 也不要因人的毁谤而惊惶。
8 因为蛀虫必吃他们, 像吃衣服一样; 虫子必吃他们, 像吃羊绒一样。但我的公义永远长存。我的拯救直到万代。
9 耶和华的膀臂啊, 醒来吧! 醒来吧! 穿上能力吧! 像古时的日子, 像上古的世代一样醒来吧! 从前砍碎了拉哈伯, 刺透了海龙的, 不是你吗?
10 使海, 就是大渊的水干涸, 使海的深处变为蒙救赎的人经过之路的, 不是你吗?
11 耶和华所赎的人必归回; 他们必欢呼着进入锡安; 永远的快乐要临到他们的头上。他们必得着欢喜快乐, 忧愁叹息都必逃避。
12 "我, 我耶和华是安慰你们的; 你是谁, 竟怕那会死的人, 怕那被造如草的世人呢?
13 你忘记了造你的耶和华, 就是那展开诸天, 奠定大地的根基的; 又因那欺压者准备行毁灭的时候所发的烈怒, 你就终日不住惧怕呢?其实那欺压者的烈怒在哪里呢?
14 被掳的快得释放了, 他们必不会死, 必不会下到阴间里, 他们的食物也必不会缺乏。
15 我是耶和华你们的 神, 就是那搅动大海, 使海中的波浪澎湃的; 万军之耶和华是他的名。
16 我把我的话放在你的口里, 用我的手影蔽护你, 好立定诸天, 奠定大地的根基, 对锡安说: ‘你是我的子民。’"
17 耶路撒冷啊, 醒来! 醒来! 站起来吧! 你从耶和华的手中喝了他烈怒的杯, 喝尽了那使人摇摇摆摆的爵。
18 她所生的众子中, 没有一个引导她的; 她养大的众子中, 没有一个扶持她的。
19 荒凉与毁灭, 饥荒与刀剑, 这两样临到你, 谁为你悲哀呢?谁能安慰你呢?
20 你的众子昏倒了, 在各街头上躺卧, 好像羚羊在网罗之中; 他们饱尝了耶和华的烈怒, 你的 神的斥责。
21 所以, 你这困苦的, 不是因酒而醉倒的, 要听这话。
22 你的主耶和华, 就是为自己的子民争辩的 神, 这样说: "看哪! 我已经把那使人摇摇摆摆的杯, 就是我烈怒的爵, 从你的手里挪去了; 你必不再喝这杯。
23 我必把这杯放在那些苦待你的人的手里; 他们曾对你说: ‘你屈身俯伏, 让我们走过去吧! ’你就以你的背作陆地, 作街道, 任由他们踏过去。"