1 Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
2 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
3 En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.
4 Slaan jou oë rondom op en kyk -- hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.
5 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.
6 'n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van M¡dian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.
7 Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Neb jot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.
8 Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos 'n wolk en soos duiwe na hulle vensters?
9 Ja, op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, om jou seuns van ver te bring. Hul silwer en hul goud is by hulle, vir die Naam van die HERE jou God en vir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.
10 En uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm.
11 En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog.
12 Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en die nasies sal seker verwoes word.
13 Die heerlikheid van die L¡banon sal na jou toe kom, die sipres, die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek sal die plek van my voete heerlik maak.
14 En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die HERE, Sion van die Heilige van Israel.
15 In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
16 En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.
17 Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.
18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie -- van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.
19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
21 En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit -- as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.
22 Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die HERE, sal dit op die regte tyd gou laat kom.
1 锡安哪! 起来, 发光, 因为你的光已经来到, 耶和华的荣耀已升起来照耀你。
2 看哪! 黑暗遮盖大地, 幽暗遮蔽万民; 但耶和华要升起来照耀你, 他的荣耀要彰显在你身上。
3 万国要在你的光中行走, 列王必在你如旭日初升的光辉中行走。
4 你举目四面观看吧! 众人都聚集, 来到你那里; 你的儿子都要从远方而来, 你的女儿都必被怀抱而来。
5 那时, 你看见了, 就必有光彩, 你的心又惊讶又宽畅; 因为大海的财富都必转来归你, 列国的财富也都归你。
6 成群的骆驼必遮盖你的地, 米甸和以法的小骆驼要盖满你的国境; 示巴的人都必带着黄金和乳香来到, 并且宣扬赞美耶和华的话。
7 基达的羊群都必聚集到你那里, 尼拜约的公羊要供你使用; 它们必献在我的祭坛上, 成为蒙悦纳的祭品。我要荣耀我荣耀的殿。
8 那些像云彩飞来, 像鸽子飞回巢里的, 是谁呢?
9 众海岛的人都必等候我, 他施的船队领先, 把你的众子, 连他们的金银, 都一起从远方带来, 都为了耶和华你的 神的名, 又为了以色列的圣者的缘故, 因为他已经荣耀了你。
10 外族人要重建你的城墙, 他们的君王都必服事你。虽然我曾经在烈怒中击打了你, 现在我却在恩典中怜悯你。
11 你的城门必常常开, 日夜都不关闭, 使人把列国的财富带来归你, 他们的君王也都被引导而来。
12 不事奉你的邦或国, 都必灭亡; 那些邦国必全然荒废。
13 黎巴嫩的荣耀必来归你, 就是松树、杉树和黄杨树, 都一起归你, 为要装饰我圣所之地, 我也要使我踏足之处得荣耀。
14 那些素来苦待你的人, 他们的子孙都必屈身来到你那里; 所有藐视你的, 都要在你的脚下跪拜; 他们要称你为耶和华的城、以色列圣者的锡安。
15 你曾经被撇弃、被憎恨, 以致无人经过你那里, 但我要使你成为永远被夸耀的, 成为万代的喜乐。
16 你要喝万国的奶, 又吮列王的乳, 这样, 你就知道我耶和华是你的拯救者, 是你的救赎主, 雅各的大能者。
17 我要带来黄金代替铜, 带来银子代替铁, 铜代替木头, 铁代替石头。我要立和平作你的官长, 立公义作你的监督。
18 在你的国中必不再听见强暴的事, 在你的境内, 也不再听到荒废和毁坏的事; 你必称你的城墙为"拯救", 称你的城门为"赞美"。
19 白天太阳必不再作你的光, 晚上月亮也必不再发光照耀你, 耶和华却要作你永远的光, 你的 神要作你的荣耀。
20 你的太阳必不再下落, 你的月亮也必不退缩; 因为耶和华要作你永远的光, 你悲哀的日子必要终止。
21 你的人民都必成为义人, 永远得地为业; 他们是我栽种的嫩芽, 我手所作的工作, 使我得荣耀。
22 最小的要成为一族, 微弱的要成为强盛的国, 我耶和华必按着定期速速作成这事。