1 Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die HERE nie.
2 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
3 Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die HERE sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.
4 Want so het die HERE vir my gesê: Soos 'n leeu en 'n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas -- so sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.
5 Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
6 Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.
7 Want in die dag sal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.
8 En Assur sal val deur die swaard, nie van 'n man nie; en die swaard, nie van 'n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
9 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.
1 那些下埃及求帮助, 倚靠马匹, 倚靠众多战车, 依靠十分强壮的马兵, 却不仰望以色列的圣者, 也不求问耶和华的, 有祸了!
2 耶和华是智慧的, 他必降下灾祸, 决不收回自己的话, 却要起来攻击作恶者之家, 又攻击那些助人作孽的。
3 埃及人是人, 并不是 神; 他们的马匹是血肉, 并不是灵; 耶和华一伸手, 那帮助人的就绊倒, 那受帮助的也必仆倒, 并且一同灭亡。
4 因为耶和华对我这样说: "狮子和少壮狮子怎样因捕获猎物而咆哮, 虽然召集了许多的牧人来攻击它们, 它们并不因他们的声音而惊慌, 也不因他们的喧嚷而蹲伏; 照样, 万军之耶和华必降临在锡安山和它的冈陵上争战。"
5 雀鸟怎样搧翅护雏, 万军之耶和华也必照样保护耶路撒冷, 他必保护和拯救, 他必越过和搭救。
6 以色列人哪! 你们是要回转, 归向那曾被你们彻底背弃的耶和华。
7 到那日, 各人都必拋弃自己的金偶像和银偶像, 就是你们亲手所做, 把自己陷在罪中的。
8 亚述人必倒在刀下, 不是人的刀; 必有刀把他们吞灭, 也不是人的刀。他们必不能逃避刀剑, 他们的年轻人必作苦工。
9 他们的磐石必因惊慌而挪去, 他们的领袖必因见到以色列的旗帜而惊惶。这是那有火在锡安, 有炉在耶路撒冷的耶和华说的。