1 Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.
3 Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;
4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;
5 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.
6 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.
7 En die skelm -- sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ru‹neer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.
8 Maar die edele beraam edele dade, en hy hou stand in wat edel is.
9 Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!
10 'n Jaar en 'n paar dae -- en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
11 Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.
12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;
13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.
14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee --
15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.
16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.
17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
18 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.
20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!
1 看哪! 必有一王凭公义执政, 必有众领袖按公平治理。
2 必有一人像避风所, 和避暴雨的隐密处, 像干旱之地的溪水, 又像疲乏之地的磐石阴影。
3 那时, 能看见事物者的眼睛, 必不再昏暗; 能听到事物者的耳朵, 必然倾听。
4 性急者的心必明白知识, 口吃者的舌头必说话清楚。
5 愚顽人不再被称为高尚, 恶棍也不再被称为大方。
6 因为愚顽人说的是愚顽话, 他心里所想的是罪孽, 惯行亵渎 神的事, 说错谬的话攻击耶和华, 使饥饿的人仍空着肚子, 使口渴的人仍无水可喝。
7 至于恶棍, 他的手段是邪恶的, 他图谋恶计, 用虚假的言语毁灭困苦的人, 即使在穷乏人讲公理的时候, 他也是这样。
8 高尚的人却筹谋高尚的事, 他也必坚持这些高尚的事。
9 安逸的妇女啊! 你们要起来, 听我的声音; 无忧无虑的女子啊! 你们要侧耳听我的话。
10 无忧无虑的女子啊! 再过一年多, 你们就必受困扰, 因为没有葡萄可摘, 收禾稼的日子也没有来。
11 安逸的妇女啊! 你们要受震惊。无忧无虑的女子啊! 你们要受困扰了, 脱去衣服, 赤着身子, 以麻布束腰吧。
12 你们要为美好的田地和多结果子的葡萄树捶胸哀哭。
13 也为那些在我子民的土地上长起来的荆棘和蒺藜而哀哭, 为那欢乐的城和所有快乐的房屋, 也是这样。
14 因为宫殿必被丢弃, 热闹的城市也被撇下, 山冈和守望楼必永远成为洞穴, 作了野驴喜欢的地方和羊群的草场。
15 等到圣灵从高处倾倒在我们身上, 旷野变为肥田, 肥田被看为树林的时候,
16 公平就必居在旷野中, 公义必住在肥田里。
17 公义的果效必是平安, 公义的效验必是平静与安稳, 直到永远。
18 那时, 我的子民必住在平安的居所, 安稳的住处, 不受骚扰的安息之处。
19 但在敌人的国土中, 必有冰雹降下, 打倒他们的树林, 他们的城必被夷平。
20 你们这些在各水边撒种, 又使牛驴随意走动的, 是多么有福啊!