1 Wee Ariël, Ariël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring --

2 dan sal Ek Ariël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Ariël wees.

3 En Ek sal in 'n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig.

4 Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos die van die gees van 'n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.

5 Maar die menigte van jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur.

6 Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur.

7 En soos 'n droom, 'n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Ariël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak.

8 En soos 'n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en -- sy siel is leeg; en soos 'n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en -- hy is moeg en sy siel versmag: so sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.

9 Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.

10 Want die HERE het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë -- die profete -- toegesluit en julle hoofde -- die sieners -- toegebind.

11 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.

12 Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.

13 En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is,

14 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.

15 Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?

16 o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?

17 Sal dit nie nog 'n baie kort rukkie duur dat die L¡banon in 'n vrugteboord verander word, en die vrugteboord vir 'n bos gereken word nie?

18 En in die dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.

19 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.

20 Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is --

21 hulle wat 'n mens as sondaar brandmerk ter wille van 'n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.

22 Daarom, so sê die HERE tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;

23 want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees;

24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.

1 亚利伊勒、亚利伊勒("亚利伊勒"意即"祭坛的炉", 代表耶路撒冷), 大卫曾在此安营的城啊, 有祸了! 虽然你一年又一年按时举行节期,

2 我却要使亚利伊勒受困苦, 成了一座充满悲伤哀号的城, 我要以它为亚利伊勒。

3 我必四面安营攻击你, 筑起攻城的台来围困你, 堆起高垒攻击你。

4 你必降低, 从地中说话; 你说的话必细微, 如同出于尘土; 你的声音必像交鬼者的声音, 从地里出来; 你的言语必像耳语般低微, 如同出于尘土。

5 但你敌人的数量必多如灰尘, 那些强暴者的数量也多如被吹散的糠秕, 这必在顷刻之间, 突然发生。

6 万军之耶和华必用雷轰、地震、大声、旋风、暴风和吞灭人的火焰来惩罚他们。

7 那时, 所有攻击亚利伊勒的列国众军, 就是所有攻击亚利伊勒和它的堡垒, 以及迫害它的, 必如梦景, 如夜间的异象。

8 又像饥饿的人在梦中吃饭, 醒了以后, 仍然觉得饥饿; 又像口渴的人在梦中喝水, 醒了以后, 仍然觉得口渴, 心里还是想喝。那攻打锡安山的列国众军, 也必这样。

9 你们留连吧, 自我蒙蔽, 继续盲目吧! 你们醉了, 却与酒无关, 你们东倒西歪, 也不是因为浓酒的缘故。

10 因为耶和华把沉睡的灵, 倾倒在你们身上; 他紧闭你们的眼, 就是先知; 蒙盖你们的头, 就是先见。

11 对你们来说, 整个异象就像密封的书卷的话, 人把这书卷交给识字的, 说: "请念吧! "他必回答: "我不能念, 因为它是密封的。"

12 人又把这书卷交给不识字的人, 说: "请念吧! "他必回答: "我不识字。"

13 主说: "因为这子民只用言语来亲近我, 用嘴唇尊崇我, 他们的心却远离我。他们对我的敬畏, 只是遵从传统的吩咐。

14 因此, 看哪! 我要再向这子民施行奇事, 就是奇妙又奇妙的事; 他们智慧人的智慧必要消没, 他们聪明人的聪明必被隐藏。"

15 那些向耶和华深藏谋略的人, 有祸了! 他们在暗中行事, 说: "谁看见我们?谁知道我们?"

16 你们颠倒事理了! 窑匠怎能被看作泥土呢?被造的怎能对造它的说: "他没有造我"?制成品怎可对制成它的说: "他不聪明"?

17 不是还有一点点的时候, 黎巴嫩就要变为肥田, 肥田就要被看为树林吗?

18 到那日, 聋子必听见这书卷上的话; 瞎子的眼, 必在迷蒙黑暗中也能看见。

19 困苦的必因耶和华增添喜乐; 贫穷的人必因以色列的圣者而快乐。

20 因为强暴人归于无有, 好讥笑人的必被灭绝; 所有意图行恶的, 必被剪除。

21 他们只用一句话就定了人的罪, 又设下网罗来陷害城门口那执行裁判的, 用毫无根据的事屈枉义人。

22 因此, 曾经救赎亚伯拉罕的耶和华, 论到雅各家时, 这样说: "雅各今后必不再羞愧, 他的脸容也不再变为苍白,

23 因为他看见了他的子孙在他中间, 就是我手所作的。他们必尊我的名为圣, 必尊雅各的圣者为圣, 也必敬畏以色列的 神。

24 那些心中迷惑的, 必明白真理, 那些发怨言的, 必接受教训。"