1 Kom af en sit in die stof, jonkvrou, dogter van Babel! Sit op die grond sonder troon, dogter van die Chaldeërs! Want jy sal nie langer genoem word die vertroetelde en verw,nde nie.

2 Neem die handmeul en maal meel; slaan jou sluier op, tel die kleed op, ontbloot die been, trek deur die riviere!

3 Laat jou skaamte ontbloot word, ja, jou skande gesien word! Ek sal wraak neem en geen mens verskoon nie.

4 Ons Verlosser -- sy Naam is HERE van die leërskare, die Heilige van Israel.

5 Sit doodstil, en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs! want jy sal nie langer genoem word gebiedster van die koninkryke nie.

6 Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk

7 en gesê: Ek sal in ewigheid wees, gebiedster vir altyd; jy het hierdie dinge nie ter harte geneem nie, aan die einde daarvan nie gedink nie.

8 Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie.

9 Hierdie twee dinge sal dan in 'n oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe.

10 En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!

11 Daarom oorval 'n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en 'n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou 'n verwoesting sonder dat jy dit weet.

12 Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af; miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag!

13 Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red -- die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.

14 Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie -- dit is geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!

15 Dit het jy aan hulle -- jou koopmans -- met wie jy jou vermoei het van jou jeug af; elkeen dwaal sy eie koers; niemand is daar wat jou red nie.

1 巴比伦的处女啊! 你下来, 坐在尘土中吧! 迦勒底的女儿啊! 你坐在地上吧! 没有宝座了, 因为你必不再被称为柔弱娇嫩的了。

2 你要拿石磨去磨面, 你要揭开你的帕子, 脱去长裙, 露出大腿, 渡过江河。

3 你的下体必暴露出来, 你的羞耻要被人看见; 我必报仇, 不顾惜任何人。

4 我们的救赎主, 他的名字是万军之耶和华、以色列的圣者, 他说:

5 "迦勒底的女子啊! 你要静静坐下, 进到黑暗中去, 因为人不再称你为列国之后了。

6 我曾对我的子民发怒, 使我的产业被亵渎, 我把他们交在你的手里, 你却对他们毫无怜悯。你竟把你的轭, 重重压在老年人的身上。

7 你曾说: ‘我必永远作王后! ’所以你不把这些事放在心上, 也不思想这事的结局。

8 因此, 你这淫逸、安居的, 现在要听这话。你曾心里说: ‘只有我, 除我以外再没有别的; 我必不会寡居, 也不会经历丧子的事。’

9 不料丧子和寡居这两件事, 竟在忽然之间, 一日之内, 要临到你身上! 正在你多行邪术, 竭力施符咒的时候, 这两件事就必都临到你身上。

10 你向来倚靠自己的邪恶, 说: ‘没有人看见我’; 你的智慧和知识把你引入了歧途。你心里说: ‘只有我, 除了我以外, 再没有别的。’

11 但灾祸必临到你身上, 你却不知道它的来源; 祸患必落在你身上, 你却不能把它除去; 毁灭必忽然临到你身上, 你却不知道。

12 继续使用你从幼年时就劳碌施行的符咒和许多的邪术吧! 或者你可以得到益处, 也许你能叫人战栗。

13 你因你许多的计划而劳累; 现在让那些划分天象的, 观看星辰的, 在月朔时说预言的, 都站起来, 拯救你脱离要临到你身上的事。

14 看哪! 他们必像碎秸, 火必要焚烧他们; 他们不能救自己脱离火焰的威力; 这不是可以烤火取暖的火炭, 也不是可以坐在它面前的火。

15 你所劳碌的事, 都要这样与你无益; 从你年幼时与你交易的, 也都必各奔各方, 四处飘流, 没有人拯救你。"