1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
3 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene;
4 wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels;
5 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is 'n rook in my neus, 'n vuur wat die hele dag brand.
6 Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem --
7 julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die HERE; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels -- ja, Ek sal voor alles hulle loon in hulle boesem toemeet.
8 So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is 'n seën in -- sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.
9 En Ek sal 'n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van my berge; en my uitverkorenes sal dit erflik in besit neem en my knegte daar woon.
10 En Saron sal 'n weiveld vir kleinvee word, en die dal Agor 'n lêplek vir beeste, vir my volk wat My gesoek het.
11 Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot --
12 Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.
13 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.
14 Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maar julle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees.
15 En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as 'n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met 'n ander naam,
16 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.
17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
18 Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.
19 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.
20 Daarvandaan sal nie meer kom 'n suigling van 'n paar dae of 'n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want 'n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.
21 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:
22 hulle sal nie bou dat 'n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat 'n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.
23 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur die HERE geseënis, en hulle nakomelinge is by hulle.
24 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
1 没有求问我的, 我让他们寻着; 没有寻找我的, 我让他们遇见。没有呼求我名的国, 我对他们说: "我在这里! 我在这里! "
2 我整天向着悖逆的子民伸开双手, 他们随着自己的意念行不善的道。
3 这人民常常当面惹我发怒, 在园中献祭, 在砖坛上烧香,
4 坐在坟墓之间, 在隐密处过夜, 吃猪肉, 他们的器皿中有不洁之物作的汤,
5 并且对人说: "你站远一点! 不要挨近我, 因为我会使你圣洁。"主说: "这些人是我鼻中的烟, 是整天烧着的火。
6 看哪! 这都写在我面前, 我必不缄默不言, 我非报应不可, 我必报应在他们的怀中。
7 我要同时报应你们的罪孽和你们列祖的罪孽, 这是耶和华说的, 因为他们曾在山上烧过香, 在冈陵上讥笑过我, 我必把他们以前所行的量在他们的怀中。"
8 耶和华这样说: "人怎样发现累累葡萄中有新酒的时候, 就说: ‘不要毁灭它, 因为有好处在里面’, 我因我的众仆人的缘故也必照样而行, 不把它们全都毁灭。
9 我要从雅各中领出后裔, 从犹大中领出承受我众山的; 我拣选的人必承受那地为业, 我的众仆人必在那里居住。
10 沙仑平原必成为羊群的牧场, 亚割谷要成为牛群躺卧之处, 都为那些寻求我的子民所得。
11 "但至于你们, 你们这些离弃耶和华的, 忘记我的圣山的, 为迦得神摆设筵席的, 给弥尼神盛满调和之酒的,
12 我要命定你们归在刀下, 你们众人都要屈身被杀; 因为我呼唤, 你们不回答; 我说话, 你们都不听。反倒行我眼中看为恶的事, 拣选我不喜悦的事。"
13 因此主耶和华这样说: "看哪! 我的众仆人必有吃的, 你们却要饥饿; 看哪! 我的仆人必有喝的, 你们却要口渴; 看哪! 我的仆人必要欢喜, 你们却要蒙羞;
14 看哪! 我的仆人必因心里高兴而欢呼, 你们却要因心中伤痛而哀叫, 因灵里破碎而哀号。
15 你们必留下自己的名, 作我选民的咒语; 主耶和华必杀死你们, 必用另外的名去称呼他自己的仆人。
16 所以, 在地上为自己求福的, 必凭着真实的 神求福; 在地上起誓的, 必凭着真实的 神起誓。因为先前的患难都已经被人忘记了, 也从我的眼前隐藏了。
17 "看哪! 我要创造新天新地; 先前的事不再被人记念, 也不再涌上心头了。
18 你们要因我所创造的永远欢喜快乐; 因为我创造耶路撒冷成为快乐, 使她的居民欢乐。
19 我必因耶路撒冷快乐, 因我的子民欢喜; 他们中间必不再听到哭泣的声音, 也不再听到哀号的声音。
20 那里必再没有数日夭折的婴孩, 也没有不满寿数的老人; 因为百岁而死的人, 仍算是年轻人; 有活不到百岁而死的人算是被咒诅的。
21 他们必建造房屋, 住在其中; 他们必栽种葡萄园, 吃其中的果子。
22 他们不建造由别人来居住的房屋; 他们不栽种由别人来享用的葡萄园; 因为我的子民的日子必像树木的日子; 我的选民必充分享用他们亲手作工得来的。
23 他们必不徒然劳碌, 他们生孩子不再受惊吓, 因为他们都是蒙耶和华赐福的后裔, 他们的子孙也跟他们一样。
24 那时, 他们还未呼求, 我就应允, 他们还在说话, 我就垂听。
25 豺狼必与羊羔在一起吃东西, 狮子要像牛一样吃草, 蛇必以尘土为食物。在我圣山的各处, 它们都必不作恶, 也不害物; 这是耶和华说的。"