1 Luister in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.

2 Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel,

3 dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?

4 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.

5 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.

6 Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!

7 En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.

8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,

9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.

10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.

12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie -- die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding -- die manne wat teen jou oorlog voer.

13 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.

14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! k help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.

15 Kyk, Ek maak jou tot 'n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf.

16 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel.

17 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne.

19 Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, die almal;

20 sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.

21 Bring julle regsaak voor, sê die HERE; bring julle bewysgronde aan, sê die Koning van Jakob.

22 Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!

23 Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja, doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.

24 Kyk, julle is niks, en julle werk is niks; 'n gruwel is hy wat julle uitkies.

25 Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.

26 Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.

27 As die Eerste sê Ek aan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek 'n verkondiger van goeie boodskap.

28 En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie.

29 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.

1 众海岛啊! 你们要在我面前静默, 愿万民重新得力。让他们近前来, 然后说话, 让我们聚在一起辩论吧!

2 谁从东方激动了一个人, 凭公义把他召到自己的脚前来?他把列国交在他面前, 他制伏众王; 他使他们在他的刀下化作灰尘, 他使他们在他的弓下像碎秸一样被吹散。

3 他追赶他们, 安然走过他的脚未曾走过的路。

4 谁定这事并且作成?谁从起初预定万代呢?就是我耶和华, 我是首先的, 与最后的人同在的, 也是我。

5 众海岛看见了, 就都惧怕; 地极也都战兢; 他们都近前来。

6 各人彼此帮助, 对自己的兄弟说: "要坚强! "

7 木匠坚固金匠, 用锤打光金属的, 鼓励打砧的; 论焊工说: "焊得好! "又用钉子钉稳了。使偶像不致动摇。

8 但你以色列, 我的仆人啊! 雅各, 我所拣选、我朋友亚伯拉罕的后裔啊!

9 你是我从地极抓来的, 我从地的远方召你来, 对你说: "你是我的仆人, 我拣选了你, 并没有弃绝你。"

10 不要惧怕, 因为我与你同在; 不要四处张望, 因为我是你的 神, 我必坚固你, 我必帮助你; 我必用公义的右手扶持你。

11 看哪! 向你发怒的都必蒙羞受辱; 与你相争的人, 都要如同无有, 并要灭亡。

12 与你争竞的人, 你要寻找他们, 却找不着; 与你交战的人, 都必如同无有, 好像虚无。

13 因为我, 耶和华你们的 神, 紧握着你的右手, 对你说: "不要惧怕, 我必帮助你。"

14 虫子雅各啊! 以色列人哪! 你不要惧怕。我必帮助你; 这是耶和华说的。你的救赎主, 就是以色列的圣者。

15 看哪! 我要使你成为打粮的器具, 又新, 又锋利, 又有很多利齿; 你要扬净群山, 把它们压得粉碎, 又使冈陵变成糠秕。

16 你必簸扬它们, 风要把它们吹去, 旋风也要把它们吹散; 但你要靠耶和华喜乐, 以以色列的圣者夸耀。

17 困苦和贫穷的人寻求水, 却没有水; 他们的舌头因口渴而干燥; 我耶和华必应允他们, 我以色列的 神必不离弃他们。

18 我要在光秃的高处开辟江河, 在山谷之间开辟泉源; 我要使旷野变为水池, 使干地变成水泉。

19 我要在旷野种上香柏树、皂荚树、番石榴树和野橄榄树; 我要在沙漠中栽种松树、杉树和黄杨树,

20 好叫人看见了, 就知道; 思想过, 就都明白, 这是耶和华的手所作的, 是以色列的圣者所造的。

21 耶和华说: "呈上你们的案件吧! "雅各的王说: "把你们有力的证据拿来吧! "

22 让它们前来告诉我们将要发生的事。以前的是什么事, 让它们告诉我们, 好叫我们用心思想, 得知事情的结局。或者向我们宣告那要来的事。

23 把以后要来的事告诉我们, 好叫我们知道你们是神; 你们作这些事, 或降福或降祸, 以致我们彼此对望, 一齐观看。

24 看哪! 你们属于无有, 你们的作为都属于虚空, 那选择你们的是可厌恶的。

25 我从北方兴起一人, 他就来了; 他从日出之地而来, 呼求我的名; 他必来践踏掌权的, 好像践踏灰泥, 又像陶匠踹泥一样。

26 谁从起初讲说这事, 使我们知道呢?谁从先前说明, 以致我们说"他没有错"呢?谁也没有说明, 谁也没有宣告, 谁也没有听见你们的话!

27 我首先对锡安说: "看哪, 看看这些! "我要把一位报好信息的赐给耶路撒冷。

28 我看的时候, 却没有一个人; 他们中间也没有谋士, 我问他们的时候, 可以回答一句话。

29 看哪! 他们都是无有, 他们所作的都是虚无; 他们所铸的偶像都是风, 都是虚空。