1 So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:

2 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.

3 En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;

4 ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou 'n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.

5 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,

6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;

7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

8 Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.

9 Wee hom wat met sy Formeerder twis -- 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

10 Wee hom wat vir die vader sê: Waarom verwek u? en vir die vrou: Waarom het u weë?

11 So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!

12 Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek -- my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.

13 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hy sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.

14 So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!

15 Waarlik, U is 'n God wat U verborge hou, die God van Israel, die Heiland.

16 Hulle het beskaamd gestaan en ook in die skande gekom, hulle almal; hulle het tesame met skande heengegaan -- die wat afgode maak.

17 Israel word verlos deur die HERE met 'n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.

18 Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het -- Hy is God! -- wat die aarde geformeer en dit gemaak het -- Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word -- Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.

19 Ek het in die geheim nie gespreek nie -- op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.

20 Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en 'n god aanbid wat nie kan verlos nie.

21 Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: 'n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.

22 Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.

23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, 'n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.

24 Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.

25 In die HERE sal geregverdig word en hulle beroem die hele geslag van Israel.

1 "我耶和华所膏立的古列, 我紧握着他的右手, 使列国降服在他面前; 我也松开列王的腰带; 我使门户在他面前敞开, 使城门不得关闭; 耶和华对古列这样说:

2 我必亲自领导你, 把高低不平的路修平; 铜门, 我必打破; 铁门, 我必砍断。

3 我必把隐藏的宝物和在隐密处的财宝赐给你, 使你知道我就是按着你的名呼召了你的耶和华, 以色列的 神。

4 因我的仆人雅各和我所拣选的以色列的缘故, 我按着你的名呼召了你; 你虽然不认识我, 我却给你这个尊贵的名号。

5 "我是耶和华, 再没有别的神了; 除了我以外, 并没有真神; 你虽然不认识我, 我必坚固你,

6 为要叫从日出之地到日落之地的人都知道, 除了我以外, 没有真神; 我是耶和华, 再没有别的神了。

7 我造光, 也造黑暗; 我赐平安, 也降灾祸; 我耶和华是造成这一切事的。

8 诸天啊! 你们要从上滴下公义, 让云层降下公义。让大地裂开, 生出救恩, 使公义一同生长, 是我耶和华创造了这事。

9 那与他的创造主争论的, 有祸了! 他不过是地上瓦片中的一片瓦片, 泥土能对陶匠说: ‘你在作什么?’或你所作成的说: ‘他没有手’吗?

10 那对父亲说: ‘你生的是什么’, 或对母亲说: ‘你产的是什么’的, 有祸了! "

11 以色列的圣者, 造以色列的主耶和华这样说: "你们可以问我将要来的事, 关于我的众子和我手所作的, 你们也可以吩咐我回答。

12 我造了地, 又造了人在地上; 我亲手展开了诸天, 又命定了天上的万象。

13 我凭着公义兴起了古列, 我必修平他的一切道路; 他必建造我的城, 释放我被掳的子民, 不必用工价, 也不用赏赐, 这是万军之耶和华说的。"

14 耶和华这样说: "埃及劳碌得来的和古实所得之利, 以及身量高大的西巴人, 都必过来归你, 也要属你; 他们必带着锁链过来随从你, 向你俯伏, 向你恳求, 说: ‘ 神真的在你们中间, 此外, 再没有别的神, 没有别的真神。’"

15 拯救者以色列的 神啊! 你实在是隐藏自己的 神。

16 制造偶像的都必蒙羞受辱, 都要一同归于羞愧。

17 唯有以色列必靠着耶和华得救, 得着永远的拯救; 你们必不蒙羞, 也不受辱, 直到永远。

18 因为创造诸天的耶和华, 他是 神, 塑造大地, 把大地造成; 他坚立大地; 他创造大地, 不是荒凉的; 他塑造大地, 是要给人居住; 他这样说: "我是耶和华, 再没有别的 神。

19 我没有在隐密处、在黑暗之地说过话; 我没有对雅各的后裔说过: ‘你们寻求我是徒然的。’我耶和华讲说公义, 宣扬正直。

20 "列国逃脱的人哪! 你们要来集合, 一同近前来。那些抬着木头做的偶像, 向不能拯救人的神祈求的, 真是无知。

21 你们述说吧! 提出理由吧! 让他们彼此商议吧! 谁从古时使人听见这事呢?谁从上古把这事述说出来呢?不是我耶和华吗?除了我以外, 再没有 神, 我是公义的 神, 又是拯救者; 除了我以外, 并没有别的 神。

22 全地的人哪! 你们都要归向我, 都要得救。因为我是 神, 再没有别的 神。

23 我指着自己起誓, 我的口凭着公义说出的话, 决不改变: ‘万膝都必向我跪拜, 万口都要指着我起誓。’

24 人论到我必说: ‘只有在耶和华里面才有公义和能力’; 向他发怒的, 都必来到他面前, 并且要蒙羞。

25 以色列所有的后裔, 都必靠耶和华得称为义, 并要夸胜。"