1 Dit is die woorde van die verbond wat die HERE Moses beveel het om met die kinders van Israel te sluit in die land Moab, behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
2 En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,
3 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, die groot tekens en wonders.
4 Maar die HERE het julle nie 'n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
5 En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.
6 Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
7 En toe julle by hierdie plek kom, het Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan
8 en hulle land ingeneem en dit as erfenis gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.
9 Onderhou dan die woorde van hierdie verbond en volbring dit, sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.
10 Julle staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters -- al die manne van Israel;
11 julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,
12 om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God -- en in sy eedswering -- wat die HERE jou God vandag met jou sluit;
13 sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou 'n God kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.
14 En nie met julle alleen maak ek hierdie verbond en hierdie eedswering nie,
15 maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van die HERE onse God staan, ,n met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.
16 Want julle weet self hoe ons in Egipteland gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het.
17 En julle het hulle verfoeisels en hulle drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,
18 sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die HERE onse God afwend om die gode van die nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en wilde-als dra nie,
19 en as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel -- om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk!
20 Die HERE sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen die man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die HERE sal sy naam onder die hemel uitdelg.
21 En die HERE sal hom tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.
22 En die volgende geslag, julle kinders wat n julle opstaan, en die uitlander wat uit 'n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het --
23 ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Seboim wat die HERE in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het --
24 en al die nasies sal sê: Waarom het die HERE so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?
25 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is,
26 en hulle ander gode gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie,
27 daarom het die toorn van die HERE teen daardie land ontvlam om daaroor die hele vloek te bring wat in hierdie boek geskrywe is.
28 En die HERE het hulle uit hulle land uitgeruk in toorn en in grimmigheid en in groot verbolgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na 'n ander land, soos dit vandag is.
29 Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.
1 这些是耶和华在摩押地, 吩咐摩西与以色列人所立的约的话, 是耶和华和他们在何烈山所立的约以外的。(本节在《马索拉抄本》为28:69)
2 摩西把以色列众人召了来, 对他们说: "耶和华在埃及地, 在你们面前, 向法老和他的众臣仆, 以及他的全国所行的一切, 你们都看见了, (本节在《马索拉抄本》为29:1)
3 就是你亲眼见过的大试验和神迹, 以及那些大奇事;
4 但是直到今日, 耶和华还没有给你们一颗能明白的心, 能看见的眼睛, 能听见的耳朵。
5 我在旷野四十年之久领导你们; 你们身上的衣服没有穿破, 脚上的鞋也没有穿坏。
6 饭你们没有吃, 清酒或烈酒你们没有喝, 这是要使你们知道耶和华是你们的 神。
7 你们来到了这地方, 希实本王西宏和巴珊王噩就出来, 与我们交战, 我们击败了他们。
8 夺取了他们的地, 分给流本人、迦得人和玛拿西半个支派作产业。
9 所以你们要谨守这约的话, 并且遵行, 好使你们在所行的一切事上都亨通。
10 "今日你们全都站在耶和华你们的 神面前; 你们的首领、族长、长老、官长和以色列所有的男子,
11 你们的小孩、妻子和在你营中的寄居者, 以及为你们劈柴挑水的人, 都站在耶和华你们的 神面前,
12 为要叫你遵守耶和华你的 神今日与你所立的约, 和他向你所起的誓;
13 这样, 他今日可以立你作他的子民, 他可以作你的 神, 正如他曾经对你说过的, 又对你的列祖亚伯拉罕、以撒、雅各起过誓的。
14 "我不但与你们立这约, 起这誓;
15 而且也与那些今日和我们在这里, 一同站在耶和华我们的 神面前的人, 以及那些今日不与我们同在这里的人立这约, 起这誓。
16 你们清楚知道我们怎样在埃及地住过, 怎样从列国中经过;
17 你们也见过他们的可憎之物, 和他们那里那些木、石、金、银的偶像。
18 恐怕你们中间有男人或女人, 家族或支派, 今日心里偏离了耶和华我们的 神, 去事奉那些国的神, 又恐怕你们中间有恶根, 生出毒草和苦堇来;
19 如果人听了这咒诅的话, 心里仍然自夸说: ‘我虽然照着顽梗的心而行, 使好人和恶人一起灭亡, 我还有平安。’
20 耶和华必不肯饶恕他; 耶和华的怒气和愤恨必向这人发作, 这书上所写的一切咒诅都要降在那人身上, 耶和华也必从天下涂抹他的名。
21 耶和华必照着写在这律法书上的约的一切咒诅, 把他从以色列众支派中分别出来, 使他遭受灾祸。
22 "后代的人, 就是你们以后兴起来的子孙, 和从远方来的外族人, 看见了这地的灾难和耶和华降与这地的疾病,
23 又看见了遍地有硫磺, 有盐卤, 有火烧, 没有播种, 没有出产, 寸草不生, 好像耶和华在烈怒和怒火中毁灭的所多玛、蛾摩拉、押玛、洗扁一样,
24 看见了这些的人和万国的人都要问: ‘耶和华为什么向这地这样行呢?为什么大发烈怒呢?’
25 人就必回答: ‘是因为他们离弃了耶和华他们列祖的 神的约, 就是耶和华把他们从埃及地领出来的时候, 与他们所立的;
26 去事奉别的神, 向他们叩拜, 就是他们不认识的神, 也是耶和华没有给他们指定要拜的神;
27 所以耶和华向这地大发烈怒, 把这书上所写的一切咒诅都降在这地上;
28 于是耶和华在烈怒、忿怒和大怒中, 把他们从他们的地土拔出来, 丢在别的地方, 像今天一样。’
29 "奥秘的事, 是属于耶和华我们的 神的, 只有显露的事, 是永远属于我们和我们子孙的, 好叫我们遵行这律法上的一切话。"