1 In die tyd het die HERE vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook 'n ark van hout.
2 En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit.
3 Toe het ek 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.
4 En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.
5 En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die HERE my beveel het.
6 En die kinders van Israel het van B,ërot Ben,-J äkan weggetrek na Mos,ra toe. Daar het A„ron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Ele sar het die priesteramp in sy plek bedien.
7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, 'n land van waterstrome.
8 In die tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, om voor die aangesig van die HERE in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.
9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die HERE is sy erfdeel, soos die HERE jou God hom beloof het.
10 En ,k het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die HERE het my ook die keer verhoor; die HERE wou jou nie in die verderf stort nie.
11 Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.
12 En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
13 om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?
14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.
15 Maar net aan jou vaders het die HERE 'n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag n hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.
17 Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
18 wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.
19 Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
20 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.
21 Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.
22 Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het die HERE jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte.
1 "那时, 耶和华对我说: ‘你要凿出两块石版, 和先前的一样, 然后上山到我这里来; 又要做一个木柜。
2 我要把你摔碎的先前那两块版上的话, 写在这两块版上; 你要把它们放在柜中。’
3 于是我用皂荚木做了一个柜, 又凿出了两块石版, 和先前的一样; 然后我手里拿着这两块石版, 上山去了。
4 耶和华把先前所写的, 就是在集会的日子, 在山上从火中告诉你们的十诫, 都写在这两块版上; 耶和华把石版交给了我。
5 于是我转身从山上下来, 把石版放在我所做的柜中, 照着耶和华吩咐我的, 现在石版还放在那里。
6 "以色列人从比罗比尼.亚干起程, 到了摩西拉。亚伦在那里死了, 也埋葬在那里; 他的儿子以利亚撒接替他供祭司的职分。
7 他们从那里起程, 到了谷歌大, 又从谷歌大到约巴他, 就是多溪水的地。
8 那时, 耶和华把利未支派分别出来, 叫他们抬耶和华的约柜, 侍立在耶和华面前事奉他, 并且奉他的名祝福, 直到今日。
9 所以利未人在兄弟中无分无业; 照着耶和华你的 神应许他的, 耶和华自己就是他的产业。
10 "我又像以前那样, 在山上停留了四十昼夜; 那一次耶和华也听了我的呼求, 他不愿把你毁灭。
11 耶和华对我说: ‘你起来, 走在人民的前面, 使他们可以进去, 得着我向他们列祖起誓赐给他们的那地。’
12 "以色列啊, 现在耶和华你的 神向你要的是什么呢?只要你敬畏耶和华你的 神, 行在他的一切道路上, 爱他, 一心一意事奉耶和华你的 神,
13 遵守耶和华的诫命和律例, 就是我今日吩咐你的, 为要叫你得福。
14 看哪, 天和天上的天, 地和地上的一切都是属于耶和华你的 神的。
15 但耶和华只喜悦你的列祖, 爱他们; 他从万民中拣选了他们的后裔, 就是你们, 像今日一样。
16 所以你们要给你们的心行割礼, 不可再顽固。
17 因为耶和华你们的 神, 他是万神之神、万主之主、伟大有力和可畏的 神; 他不徇情面, 也不受贿赂。
18 他为孤儿寡妇伸张正义, 又把衣食给寄居的人。
19 所以你们要爱寄居的人, 因为你们在埃及地也作过寄居的人。
20 你要敬畏耶和华你的 神, 事奉他, 依靠他, 奉他的名起誓。
21 他是你当颂赞的; 他是你的 神, 他为你作了那些大而可畏的事, 就是你亲眼见过的。
22 你的列祖下到埃及的时候, 一共不过七十人, 现在耶和华你的 神却使你的人数像天上的星那么多了。"