1 Dit is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat die HERE, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe.

2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom.

3 En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van die plek laat verdwyn.

4 So mag julle nie doen met die HERE julle God nie;

5 maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.

6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte-- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.

7 En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseënhet.

8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie -- elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.

9 Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die HERE jou God jou sal gee nie.

10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.

11 Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.

12 En julle moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE julle God, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.

13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie.

14 Maar op die plek wat die HERE in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.

15 Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.

16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi.

17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.

18 Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.

19 Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.

20 As die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet -- omdat jy lus het om vleis te eet -- dan mag jy na hartelus vleis eet.

21 As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.

22 Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.

23 Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.

24 Jy mag dit nie eet nie; op die grond moet jy dit uitgooi soos water.

25 Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders n jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.

26 Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die HERE sal uitkies;

27 en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die HERE jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die HERE jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.

28 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders n jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.

29 As die HERE jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,

30 neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? -- dat ek ook so kan doen.

31 So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE 'n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.

32 Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.

1 "你们活在地上的一切日子, 在耶和华你列祖的 神赐给你作产业的地上, 要谨守遵行的律例和典章, 就是这些:

2 你们要把你们赶走的列国的人事奉神的地方, 无论是在高山上, 在山冈上, 或是在各青翠树下, 都要完全毁坏;

3 也要拆毁他们的祭坛, 打碎他们的神柱; 用火焚烧他们的亚舍拉, 砍倒他们的神的雕像, 并且把他们的名字从这地方除灭。

4 你们不可像他们那样事奉耶和华你的 神。

5 耶和华你们的 神从你们各支派中, 选择了什么地方作立他名的居所, 你们就当到那里求问他;

6 把你们的燔祭和其他的祭物、十分之一的礼物和手中的贡献、还愿祭和甘心祭, 以及牛群羊群中头生的, 都要带到那里去;

7 在那里, 就是在耶和华你们的 神面前, 你们和你们的家人都可以吃; 并且要因你们手所作的一切事, 都蒙耶和华你的 神赐福而欢乐。

8 我们今日在这里所行的, 是行各人看为正的事, 你们将来不可以这样行;

9 因为你们现在还没有到耶和华你的 神赐给你的安息地和产业。

10 但是你们过了约旦河, 住在耶和华你们的 神使你们承受为业的地, 又使你们太平, 脱离你们周围的所有仇敌, 安居乐业,

11 那时, 你要把我吩咐你们的燔祭和其他的祭物、十分之一的礼物和手中的贡献, 以及你们向耶和华许愿要献的最美的一切还愿祭, 都要带到耶和华你们的 神选择作为立他名的地方。

12 你们和你们的儿女、仆婢, 以及住在你们城里的利未人, 都要在耶和华你们的 神面前欢乐, 因为利未人在你们中间无分无业。

13 你要自己谨慎, 不可在你看见的任何地方献上你的燔祭;

14 只要在耶和华从你的一个支派中拣选的地方, 在那里献上你的燔祭, 在那里行我吩咐你的一切事。

15 "不过在你的各城里, 你都可以照着耶和华你的 神赐给你的福分, 随意杀牲吃肉。不洁净的人和洁净的人都可以吃, 像吃羚羊和鹿的肉一样。

16 只有血, 你们不可吃; 要倒在地上, 像倒水一样。

17 你的五谷、新酒和新油的十分之一, 你牛群羊群中头生的和你所许一切还愿的祭、你甘心献的祭和你手中的贡献, 都不可在你的城里吃;

18 你只要在耶和华你的 神面前, 和在耶和华你的 神选择的地方吃, 你和你的儿女、仆婢, 以及在你城里的利未人, 都可以吃; 你也要因你手所作的一切事在耶和华你的 神面前欢乐。

19 你要自己谨慎, 你在你那地上的日子, 永不可丢弃利未人。

20 "耶和华你的 神, 照着他应许你的, 扩张了你的境界的时候, 如果你因心里渴想吃肉, 说: ‘我想吃肉。’那么, 你就可以随意吃肉。

21 耶和华你的 神选择作立他名的地方, 如果离开你太远, 你就可以照着我吩咐你的, 把耶和华赐给你的牛羊取些宰杀了, 可以在你的城里随意地吃。

22 你吃那肉, 好像人吃羚羊和鹿的肉一样; 不洁净的人和洁净的人都可以一起吃。

23 只是你要心意坚定, 不可吃血, 因为血就是生命; 你不可把生命和肉一起吃。

24 你不可吃血, 要倒在地上, 像倒水一样。

25 你不可吃血, 好使你和你的子子孙孙得享福乐, 因为你行了耶和华看为正的事。

26 只是你要把你应有的圣物和你的还愿祭, 都带到耶和华选择的地方去,

27 把你的燔祭、肉和血, 都献在耶和华你的 神的祭坛上; 其他的祭的血, 要倒在耶和华你的 神的祭坛上; 至于那肉, 你却可以吃。

28 你要谨慎听从我吩咐你的这一切话, 好使你和你的子子孙孙永远得享福乐, 因为你行了耶和华看为好为正的事。

29 "耶和华你的 神把你将要进去赶走的列国的民, 从你的面前除灭以后, 你就得着他们的地, 住在那里。

30 那时, 你要自己谨慎, 不可在他们从你的面前被消灭以后, 随从他们的恶俗而陷入网罗, 也不可求问他们的神, 说: ‘这些国的人怎样事奉他们的神, 我也要这样行。’

31 你不可向耶和华你的 神这样行, 因为耶和华恨恶的一切可厌恶的事, 他们都向他们的神行了, 甚至把自己的儿女用火焚烧, 献给他们的神。

32 "我吩咐你们的一切话, 你们都要谨守遵行, 不可加添, 也不可减少。"(本节在《马索拉抄本》为13:1)