1 Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.
2 En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; die HERE is sy erfdeel soos Hy hom beloof het.
3 En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat 'n slagoffer bring, of dit 'n bees of 'n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.
4 Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.
5 Want die HERE jou God het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van die HERE, hy en sy seuns.
6 En as 'n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies,
7 dan moet hy dien in die Naam van die HERE sy God soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van die HERE staan;
8 'n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit.
9 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan -- wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
11 of wat met besweringe omgaan, of wat 'n gees van 'n afgestorwene vra of 'n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.
13 Opreg moet jy wees met die HERE jou God.
14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.
15 'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister --
16 net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.
17 Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het.
18 'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.
19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.
20 Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, die profeet moet sterwe.
21 En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? --
22 as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.
1 "利未支派的祭司和利未整个支派, 在以色列中, 必无分无业; 他们所吃的, 是献给耶和华的火祭和他们应得的一份。
2 利未人在兄弟中必没有产业, 耶和华就是他们的产业, 正如耶和华应许他们的。
3 "祭司从人民应得的分是这样: 人无论是献牛或是献羊, 要把前腿、两腮和胃给祭司。
4 你也要把初熟的五谷、新酒、新油和初剪的羊毛给他。
5 因为耶和华你的 神从你的各支派中把他拣选出来, 使他和他的子孙, 可以常常奉耶和华的名侍立供祭司的职。
6 "如果有住在以色列中任何一座城里的利未人, 离开了那里, 一心一意到耶和华选择的地方去,
7 他就可以奉耶和华他的 神的名供职, 像他的众兄弟利未人在那里侍立在耶和华面前一样。
8 除了他从父家承受的产业以外, 他还可以得着和他的兄弟相等分量的祭物。
9 "你到了耶和华你的 神要赐给你的那地的时候, 那些外族人可厌可恶的事, 你不可学习去行。
10 在你中间不可有人把自己的儿女献作火祭, 也不可有占卜的、算命的、用法术的、行邪术的、
11 念咒的、问鬼的、行巫术的、过阴的。
12 因为行这些事的, 都是耶和华厌恶的; 就是因为这些可厌可恶的事的缘故, 耶和华你的 神才把他们从你的面前赶走。
13 你要在耶和华你的 神面前作完全人。
14 "因为你要赶走的那些民族, 都听从算命的和占卜的; 至于你, 耶和华你的 神却不容许你这样行。
15 "耶和华你的 神要从你中间, 就是从你的众兄弟中间, 给你兴起一位先知来, 像我一样; 你们要听从他。
16 这正是你在何烈山开大会的日子, 求耶和华你的 神的一切话, 说: ‘不要让我再听见耶和华我的 神的声音了; 也不要让我再看见这大火了, 免得我死亡。’
17 耶和华对我说: ‘他们所说的都很好。
18 我要从他们的兄弟中间, 给他们兴起一位先知, 像你一样; 我要把我的话放在他口里, 他必把我吩咐他们的一切话都对他们说。
19 如果有人不听从他奉我的名所说的话, 我必亲自追讨那人的罪。
20 "‘不过, 如果有先知擅自奉我的名, 说我没有吩咐他说的话, 或是奉别神的名说话, 那先知就必须处死。’
21 如果你心里说: ‘耶和华没有说过的话, 我们怎能知道呢?’
22 一位先知奉耶和华的名说话, 如果那话不成就, 也不应验, 这话就不是耶和华说的; 是那先知擅自说的, 你不要怕他。"