1 N hierdie dinge het ek gesien kyk, 'n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos 'n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat n hierdie dinge moet gebeur.

2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon.

3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag.

4 En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.

5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;

6 en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.

7 En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'n kalf, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg.

8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!

9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,

10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:

11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

1 这些事以后, 我观看, 见天上有一道门开着; 并且有我第一次听见的那个好像号筒的声音, 对我说: "你上这里来! 我要把以后必定发生的事指示你。"

2 立刻, 我在灵里, 就看见有一个宝座, 设立在天上, 有一位坐在宝座上。

3 那位坐着的, 看来好像碧玉和红宝石, 又有彩虹围绕着宝座, 看来好像绿宝石。

4 宝座的周围有二十四个座位, 上面坐着二十四位长老, 身穿白衣, 头戴金冠。

5 有闪电、响声、雷轰从宝座中发出; 又有七枝火炬在宝座前点着, 这就是 神的七灵。

6 宝座前有一个看来好像水晶的玻璃海。在宝座中间和宝座周围有四个活物, 前后布满了眼睛。

7 第一个活物像狮子, 第二个活物像牛犊, 第三个活物的脸面像人, 第四个活物像飞鹰。

8 四个活物各有六个翅膀, 里外布满了眼睛。他们昼夜不停地说: "圣哉! 圣哉! 圣哉! 主、全能的 神, 昔在、今在、以后永在的那一位。"

9 每逢四个活物把荣耀、尊贵、感谢献给那坐在宝座上, 活到永永远远的那一位的时候,

10 二十四位长老就俯伏在坐在宝座上那一位的面前, 敬拜那活到永永远远的, 又把他们的冠冕放在宝座前, 说:

11 "主、我们的 神, 你是配得荣耀、尊贵、权能的, 因为你创造了万有, 万有都是因着你的旨意而存在, 而被造的。"