1 En hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.

9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.

10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

13 Ek is die Alfa en die Om,ga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môre ster.

17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

1 天使又指示我一道明亮如水晶的生命水的河流, 从 神和羊羔的宝座那里流出来,

2 经过城里的街道。河的两边有生命树, 结十二次果子, 每月都结果子; 树叶可以医治列国。

3 所有咒诅都不再有了。城里有 神和羊羔的宝座, 他的仆人都要事奉他,

4 也要见他的面。他的名字必写在他们的额上。

5 不再有黑夜了, 他们也不需要灯光或日光了, 因为主 神要光照他们。他们要作王, 直到永永远远。

6 天使对我说: "这些话是可信的、真实的! 主, 就是众先知之灵的 神, 差遣了他的天使, 把那快要发生的事, 指示他的仆人。"

7 "看哪! 我必快来! 那遵守这书上预言的人是有福的! "

8 听见又看见了这些事的, 就是我约翰。我听见又看见了之后, 就俯伏在指示我这些事的天使脚前要拜他。

9 他对我说: "千万不可以这样! 我和你, 以及你的弟兄众先知, 还有那些遵守这书上的话的人, 都是同作仆人的。你应当敬拜 神。"

10 他又对我说: "不要封住这书上的预言, 因为时候近了。

11 不义的, 要他仍旧不义; 污秽的, 要他仍旧污秽; 行义的, 要他仍旧行义; 圣洁的, 要他仍旧圣洁。"

12 "看哪, 我必快来! 赏赐在我, 我要照着各人所行的报应他。

13 我是阿拉法, 是俄梅格; 我是首先的, 也是末后的; 我是创始的, 也是成终的。"

14 那些洗净自己袍子的人是有福的! 他们可以有权到生命树那里, 也可以从门进到城里。

15 在城外, 有那些狗, 那些行邪术的、淫乱的、杀人的、拜偶像的, 以及所有喜爱说谎的和实行说谎的人。

16 "差遣了我的使者、为众教会向你们证明这些事的, 就是我耶稣。我是大卫的根, 又是他的后裔, 我是明亮的晨星。"

17 圣灵和新娘都说: "来! "听见的人也要说: "来! "口渴的人也要来! 愿意的人都要白白接受生命的水!

18 我警告所有听见这书上预言的人: 如果有人在这些预言上加添什么, 神必把写在这书上的灾难加在他身上。

19 如果有人从这书上的预言删减什么, 神必从这书上所记的生命树和圣城删去他的分。

20 证明这些事的那一位说: "是的, 我必快来! "阿们! 主耶稣啊, 请你来吧!

21 愿主耶稣的恩惠与所有的圣徒同在! 阿们!