1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.

6 En in die dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7 En die voorkoms van die sprinkane was soos die van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos die van leeus.

9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

10 En hulle het sterte gehad soos die van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Ab ddon, en in Grieks het hy die naam van Apollion.

12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

13 En die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

14 en die het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak.

16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.

17 En so het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.

18 Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.

21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

1 第五位天使吹号, 我就看见一颗星从天上落到地上, 有无底坑的钥匙赐给它。

2 它开了无底坑, 就有烟从坑里冒出来, 好像大火炉的烟, 太阳和天空因这坑的烟就都变黑了。

3 有蝗虫从烟里出来到了地上; 有能力赐给它们, 好像地上蝎子的能力一样。

4 有话吩咐它们, 不可伤害地上的草, 和所有青翠的东西, 以及所有的树木, 只可伤害那些额上没有 神印记的人。

5 蝗虫没有能力杀死他们, 只可使他们受痛苦五个月。他们的痛苦就像人给蝎子螫了的痛苦一样。

6 在那些日子, 人要求死, 却决不得死; 切愿要死, 死却远离他们。

7 蝗虫的形象, 好像是预备好了要上阵的战马一样。它们头上戴的好像金冠冕, 脸像人的面孔,

8 它们的头发好像女人的头发, 牙齿好像狮子的牙齿;

9 它们的胸甲像铁甲, 它们翅膀的声音好像许多马车奔驰上阵的声音。

10 它们好像蝎子一样有尾巴和毒刺, 它们的尾巴能伤害人五个月。

11 它们有无底坑的使者作王统治它们。这王的名字, 希伯来话叫阿巴顿, 希腊话叫阿波伦。

12 第一样灾祸过去了。看哪, 以后还有两样灾祸要来!

13 第六位天使吹号, 我听见有一个声音从 神面前金坛的四角发出来,

14 对拿着号筒的第六位天使说: "把捆绑在幼发拉底大河的那四个使者放了吧! "

15 那四个使者就被释放了, 他们已经预备好, 要在某年某月某日某时杀害人类的三分之一。

16 马兵的数目有二万万; 他们这个数目我听见了。

17 在异象中, 我看见那些马和骑马的是这样: 骑马的穿着火红紫青和硫磺色的胸甲, 马的头好像狮子头, 有火、烟和硫磺从马的口中喷出来。

18 马口中喷出来的火、烟和硫磺这三种灾害, 杀死了人类的三分之一。

19 马的能力是在口中和尾巴上。它们的尾巴像蛇, 并且有头用来伤人。

20 其余没有在这些灾难中被杀的人, 仍然不为他们手所作的悔改, 还是去拜鬼魔和那些金、银、铜、石头、木头做的, 不能看、不能听、也不能走路的偶像。

21 他们也不为自己的凶杀、邪术、淫乱和偷盗悔改。