1 Daarop het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kana„n, en daar is hulle nou in die land Gosen.

2 En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel.

3 Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.

4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.

5 Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.

6 Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.

7 Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao gegroet met 'n seënwens.

8 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare?

9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.

10 Toe het Jakob Farao gegroet met 'n seënwens en van Farao af weggegaan.

11 En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Ra„mses, soos Farao beveel het.

12 En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.

13 En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kana„n uitgeput was weens die hongersnood.

14 En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kana„n te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring.

15 En toe die geld in Egipteland en in die land Kana„n op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?

16 En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is.

17 Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle die jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.

18 Toe die jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is my heer s'n. Daar het niks vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.

19 Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons met ons grond aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.

20 So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword.

21 En wat die volk betref -- hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan.

22 Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.

23 Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai.

24 En by die insameling moet julle 'n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders.

25 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees.

26 En Josef het dit 'n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte -- die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.

27 So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.

28 En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd sewe en veertig jaar was.

29 En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou -- begrawe my tog nie in Egipte nie.

30 Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.

31 Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.

1 约瑟进去禀告法老, 说: "我的父亲和兄弟们, 带着他们的牛羊和他们所有的一切, 都从迦南地来了, 现在就在歌珊地。"

2 约瑟从他所有的兄弟当中, 挑选了五个人, 把他们带到法老面前。

3 法老问约瑟的兄弟们说: "你们是作什么的?"他们回答法老: "仆人们是牧羊人, 我们和我们的祖先都是一样。"

4 他们又对法老说: "我们来是要在这地寄居, 因为迦南地的饥荒严重, 你仆人们的羊群没有草吃, 所以, 现在求你容许你仆人住在歌珊地。"

5 法老对约瑟说: "你的父亲和兄弟们到你这里来了;

6 埃及地都在你面前, 你只管叫你的父亲和兄弟们住在这地最好的地方, 他们可以住在歌珊地。你如果知道他们中间有能干的人, 可以派他们看管我的牲畜。"

7 约瑟把他父亲雅各带到法老面前, 雅各就给法老祝福。

8 法老问雅各: "你有多大年纪了?"

9 雅各回答法老: "我寄居在世的年日是一百三十岁。我一生的年日又少又苦, 不及我祖先寄居在世的年日。"

10 雅各又给法老祝福, 然后离开法老出去了。

11 约瑟照着法老的吩咐安置他的父亲和兄弟们, 把兰塞地, 就是埃及地最好的地方, 给他们作产业。

12 约瑟照着孩子的数目, 用粮食供养他的父亲、兄弟们, 以及父亲的家人。

13 那时, 遍地都没有粮食, 因为饥荒非常严重。埃及地和迦南地的人, 因为饥荒的缘故都饿昏了。

14 约瑟收集了埃及地和迦南地所有的银子, 就是众人买粮的银子; 约瑟就把那些银子交到法老的王宫去。

15 埃及地和迦南地的银子都用尽了, 埃及众人就来到约瑟那里, 说: "银子已用完了。求你给我们粮食吧, 我们为什么要饿死在你面前呢?"

16 约瑟回答: "如果银子用完了, 可以把你们的牲畜给我, 我就把粮食给你们, 交换你们的牲畜。"

17 于是, 他们把牲畜带到约瑟那里, 约瑟就把粮食给他们, 交换他们的马匹、羊群、牛群和驴。那一年, 约瑟就用粮食交换他们所有的牲畜, 来养活他们。

18 那一年过后, 第二年他们又来到约瑟那里, 对他说: "我们不向我主隐瞒, 我们的银子都用尽了, 牲畜也归了我主; 在我主面前, 除了我们的身体和田地以外, 什么也没有剩下了。

19 为什么我们和我们的田地要在你面前消灭呢?求你用粮食买我们和我们的田地, 我们和田地就必为法老效劳了。又求你给我们谷种, 使我们可以活着, 不至死亡, 田地也不至荒芜。"

20 于是, 约瑟为法老买了埃及所有的田地, 因为埃及人遭遇了严重的饥荒, 各人都卖了自己的田地。这样, 那地就都归法老所有。

21 至于人民, 约瑟把他们迁到城市里去("约瑟把他们迁到城市里去"有古卷及古译本作"使他们成了奴仆"), 从埃及境内的一端, 直到另一端。

22 只有祭司的田地, 约瑟没有买, 因为祭司有从法老所得的粮饷; 他们可以吃法老所给的粮饷, 所以没有卖自己的田地。

23 约瑟对人民说: "看哪, 我今日为法老买了你们和你们的田地。这里有谷种给你们, 你们可以种地。

24 到了收割的时候, 你们要把五分之一给法老, 其余四分可以归你们自己, 作田里的种子, 又作你们以及你们家人和孩子的食物。"

25 他们说: "你救了我们; 愿我们在我主面前得蒙喜悦, 我们就作法老的奴仆。"

26 于是, 约瑟为埃及的田地立了一个法例, 直到今日还有效, 就是五分之一归给法老; 只有祭司的田地不归给法老。

27 以色列人住在埃及国的歌珊地, 他们在那里置业繁殖, 人数非常众多。

28 雅各在埃及地住了十七年; 他一生的寿数是一百四十七岁。

29 以色列的死期快到了, 就把他儿子约瑟叫了来, 对他说: "如果我在你面前蒙你喜悦, 请你把手放在我的大腿底下起誓, 要以慈爱和诚实对待我, 不要把我埋葬在埃及。

30 我与我的祖先同睡的时候, 你要把我从埃及带出去, 埋葬在他们的墓地里。"约瑟说: "我必照着你的话去作。"

31 雅各说: "你要向我起誓。"约瑟就向他起了誓, 于是以色列靠着床头("靠着床头"有古译本作"倚着杖头"﹝参来11:21﹞)敬拜 神。