1 En God het Noag en sy seuns geseënen aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
2 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.
3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
6 Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
7 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.
8 Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:
9 Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag n julle,
10 en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle -- al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.
11 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
12 En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:
13 my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
14 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,
15 dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
16 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
17 En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.
18 En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kana„n.
19 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
20 En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant.
21 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.
22 En Gam, die vader van Kana„n, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
23 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.
24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,
25 sê hy: Vervloek is Kana„n! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
26 Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kana„n moet sy dienskneg wees.
27 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
28 En Noag het n die vloed drie honderd en vyftig jaar gelewe.
29 So was dan al die dae van Noag nege honderd en vyftig jaar, en hy het gesterwe.
1 神赐福给挪亚和他的儿子, 对他们说: "你们要繁殖增多, 充满大地。
2 地上各样的走兽, 空中各样的飞鸟, 甚至地上各样爬行的动物, 和海里各样的鱼类, 都要对你们惊恐惧怕; 这一切都已经交在你们手里了。
3 所有活着的动物都可以作你们的食物, 我把这一切都赐给你们, 好像我把青菜赐给了你们一样。
4 唯独带着生命的肉, 就是带着血的肉, 你们却不可吃。
5 流你们的血、害你们生命的, 我必向他们追偿; 无论是走兽或人类, 甚至各人自己的兄弟, 我必要他偿命。
6 流人血的, 人也必流他的血; 因为 神造人, 是按着他自己的形象。
7 你们要繁殖增多; 要在地上滋生、增多。"
8 神告诉挪亚和与他在一起的儿子说:
9 "看哪, 我现在与你们和你们的后裔立约,
10 并且与所有跟你们在一起有生命的活物立约, 包括飞鸟、牲畜和所有地上的走兽, 就是与从方舟里出来的立约。
11 我要与你们立约: 凡有生命的必不再被洪水除灭, 再没有洪水来毁灭大地了。"
12 神说: "这就是我与你们, 与一切跟你们同在有生命的活物所立之约的记号, 直到万代;
13 我把天虹放在云彩中, 作我与大地立约的记号。
14 我使云彩遮盖大地时, 天虹出现云彩中,
15 我就记念我与你们和一切有生命的活物所立的约: 水不再成为洪水, 来毁灭凡有生命的。
16 天虹在云彩中出现, 我看见了就记念我与地上一切有生命的活物, 所立的永约。"
17 神对挪亚说: "这就是我与地上凡有生命的立约的记号。"
18 挪亚的儿子, 从方舟里出来的, 就是闪、含、雅弗; 含是迦南的父亲。
19 这三个人是挪亚的儿子, 全地的人都是从这些人播散开来的。
20 挪亚作起农夫来, 栽种葡萄园。
21 他喝酒, 喝醉了, 就在帐棚里光着身子。
22 迦南的父亲含看见了自己父亲的下体, 就去告诉在外面的两个兄弟。
23 于是, 闪和雅弗二人拿了件外衣, 搭在自己的肩膀上, 倒退着进去, 盖上他们父亲的下体; 因为他们背着脸, 所以没有看见他们父亲的下体。
24 挪亚酒醒以后, 知道小儿子对他所作的事,
25 就说: "迦南应当受咒诅, 他必给自己的兄弟, 作奴仆的奴仆。"
26 又说: "耶和华, 闪的 神, 是应当称颂的; 愿迦南作他的奴仆。
27 愿 神使雅弗扩展, 使雅弗住在闪的帐棚里; 愿迦南作他的奴仆。"
28 洪水以后, 挪亚又活了三百五十年。
29 挪亚共活了九百五十岁, 就死了。