1 Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
2 Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het.
3 En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.
4 Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.
5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
6 Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.
7 Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot 'n groot verlossing.
8 Julle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my 'n raadsman van Farao gemaak en 'n gebieder oor sy hele huis en 'n regeerder in die hele Egipteland.
9 Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my 'n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie!
10 En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit.
11 En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.
12 En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek.
13 Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af.
14 Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.
15 En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
16 Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars.
17 En Farao het met Josef gespreek: Sê aan jou broers: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die land Kana„n.
18 En gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van Egipteland gee; en eet die vettigheid van die land.
19 Jy kry dan bevel -- doen dit: Neem vir julle uit Egipteland waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom.
20 En julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Egipteland is julle s'n.
21 Die seuns van Israel het toe so gedoen; en Josef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis.
22 Hy het aan hulle almal, man vir man, 'n stel nuwe klere gegee; maar aan Benjamin het hy drie honderd sikkels silwer en vyf stel nuwe klere gegee.
23 En net so het hy ook aan sy vader gestuur tien esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met koring en brood en voedsel vir sy vader op die reis.
24 Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.
25 En hulle het opgetrek uit Egipte en in die land Kana„n aangekom by hulle vader Jakob.
26 Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog -- en dat hy regeerder is in die hele Egipteland -- het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie.
27 Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.
28 En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.
1 约瑟在所有侍立在他左右的人面前, 不能自制, 就喊叫说: "叫各人都离开我出去。"这样, 约瑟向他的兄弟们表白自己身分的时候, 没有别人在场。
2 于是他放声大哭, 埃及人听到了; 法老一家也听闻这事。
3 约瑟对他的兄弟们说: "我就是约瑟, 我的父亲还在吗?"他的兄弟们不能回答他, 因为他们在约瑟面前都非常惊惶。
4 约瑟对他的兄弟们说: "请你们上前来。"他们就上前去。他说: "我就是被你们卖到埃及的弟弟约瑟。
5 现在你们不要因为把我卖到这里来, 而自忧自责。这原是 神差派我在你们以先来这里, 为要保全性命。
6 现在这地的饥荒已经有两年了, 还有五年不能耕种, 也没有收成。
7 神差派我在你们以先来这里, 为要给你们在地上留下余种, 大大施行拯救, 保全你们的性命。
8 这样看来, 差派我到这里来的, 不是你们, 而是 神。他立我作法老之父, 作他全家之主, 又作全埃及地的首相。
9 你们要赶快上到我父亲那里去, 对他说: ‘你的儿子约瑟这样说: 神立我作了全埃及的主; 请你下到我这里来, 不要耽延。
10 你和你的众儿孙、牛羊, 以及你一切所有的, 都可以住在歌珊地, 与我相近。
11 我要在那里供养你, 因为还有五年的饥荒, 免得你和你的家人, 以及你一切所有的, 都陷入穷困里。’
12 看哪, 你们和我弟弟便雅悯都亲眼看见, 是我亲口对你们说话。
13 你们也要把我在埃及的一切尊荣, 和你们所看见的一切, 都告诉我的父亲, 又要赶快把我的父亲接到这里来。"
14 于是, 约瑟伏在他弟弟便雅悯的颈项上, 哭起来了; 便雅悯也伏在约瑟的颈项上哭。
15 他又与众兄弟亲嘴, 拥抱着他们哭。然后, 他的兄弟们就跟他说话。
16 消息传到法老的家里, 说: "约瑟的兄弟们来了。"法老和他的臣仆都很高兴。
17 法老对约瑟说: "你要对你的兄弟们说: ‘你们要这样作: 使你们的牲口载满货物, 起程到迦南地去,
18 把你们的父亲和家人都接到我这里来; 我要把埃及地美好的产物赐给你们, 你们也可以吃这地肥美的食物。’
19 现在我再吩咐你对他们说: ‘你们要这样作: 从埃及地带些车辆回去, 用来接你们的孩子和妻子, 并且把你们的父亲接来。
20 不要顾惜你们的家具, 因为埃及全地美好的产物都是你们的。’"
21 以色列的儿子们就照样作了。约瑟照着法老所吩咐的, 给了他们一些车辆和路上用的食物。
22 又给了他们各人一套新衣服, 但是给便雅悯三千四百二十克银子和五套衣服。
23 约瑟送去给他父亲的, 有公驴十头, 载着埃及美好的产物, 以及母驴十头, 载着五谷、饼和给他父亲在路上用的食物。
24 于是, 约瑟打发他的兄弟们回去, 他们走的时候, 约瑟对他们说: "你们在路上不要争吵。"
25 他们离开埃及, 上到迦南地他们父亲雅各那里去,
26 告诉他, 说: "约瑟还在, 并且作了埃及全地的首相。"雅各的心冷淡麻木, 因为他不相信他们。
27 他们就把约瑟对他们所说的一切话, 都告诉了他。他们的父亲雅各看见了约瑟派来接他的车辆, 心才苏醒过来。
28 以色列说: "够了! 约瑟我的儿子还在; 在我还没有死以前, 我要去看看他。"