1 Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.

2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.

3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin -- nadat Abram tien jaar in die land Kana„n gewoon het -- en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.

4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.

5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.

6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand -- doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

7 En die Engel van die HERE het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,

8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.

9 Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.

10 Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.

11 Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.

12 En hy sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.

13 Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?

14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Ro‹. Dit lê daar tussen Kades en Bered.

15 En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.

16 En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.

1 亚伯兰的妻子撒莱, 没有为他生孩子。撒莱却有一个婢女, 是埃及人, 名叫夏甲。

2 撒莱对亚伯兰说: "请看, 耶和华使我不能生育, 求你去亲近我的婢女, 或者我可以从她得孩子。"亚伯兰就听从了撒莱的话。

3 亚伯兰在迦南地住满了十年, 他的妻子撒莱, 把自己的婢女埃及人夏甲, 给了她的丈夫亚伯兰为妾。

4 亚伯兰与夏甲亲近, 夏甲就怀了孕。夏甲见自己有了孕, 就轻看她的主母。

5 撒莱对亚伯兰说: "我因你受屈; 我把我的婢女送到你的怀中, 她见自己有了孕, 就轻看我。愿耶和华在你我之间主持公道。"

6 亚伯兰对撒莱说: "你的婢女在你手中, 你看怎样好, 就怎样待她吧。"于是撒莱虐待夏甲, 她就从撒莱面前逃走了。

7 耶和华的使者在旷野的水泉旁边, 就是在到书珥路上的水旁边, 遇到了她,

8 就问她: "撒莱的婢女夏甲啊, 你从哪里来?要到哪里去?"夏甲回答: "我从我的主母撒莱面前逃出来。"

9 耶和华的使者对她说: "回到你主母那里去, 服在她的手下! "

10 耶和华的使者又对她说: "我必使你的后裔人丁兴旺, 多到不可胜数。"

11 耶和华的使者再对她说: "看哪, 你已经怀了孕, 你要生一个儿子; 你要给他起名叫以实玛利, 因为耶和华听见了你的苦情。

12 他将来为人, 必像野驴。他的手要攻打人, 人的手也要攻打他。他必住在众兄弟的东面。"

13 于是, 夏甲给那对她说话的耶和华, 起名叫"你是看顾人的 神", 因为她说: "在这里我不是也看见了那位看顾人的吗?"

14 因此, 这井名叫庇耳.拉海.莱, 是在加低斯和巴列之间。

15 夏甲给亚伯兰生了一个儿子, 亚伯兰就给夏甲所生的儿子, 起名叫以实玛利。

16 亚伯兰八十六岁的时候, 夏甲给他生了以实玛利。