1 En die lewensdae van Sara was honderd sewe en twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.

2 En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kana„n; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.

3 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:

4 Ek is 'n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my 'n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.

5 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:

6 Luister na ons, my heer! U is 'n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.

7 Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;

8 en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my 'n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,

9 dat hy aan my gee die spelonk van Magp,la wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek 'n graf onder julle mag besit.

10 En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:

11 Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.

12 Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig

13 en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.

14 En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:

15 My heer, luister na my. 'n Stuk land van vier honderd sikkels silwer -- wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.

16 Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het -- vier honderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.

17 So het dan die stuk grond van Efron wat in Magp,la teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,

18 die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.

19 Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magp,la, oostelik van Mamre, dit is Hebron, in die land Kana„n.

20 So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.

1 撒拉享寿一百二十七岁, 这是撒拉一生的岁数。

2 撒拉死在迦南地的基列.亚巴, 就是希伯仑; 亚伯拉罕为撒拉哀恸哭号。

3 亚伯拉罕从死者面前起来, 对赫人说:

4 "我是在你们中间寄居的外族人, 求你们在你们中间给我一块坟地作产业, 使我可以埋葬我死了的人, 使她不露在我面前。"

5 赫人回答亚伯拉罕, 说:

6 "我主请听, 你在我们中间是一位尊贵的王子, 你可以在我们最好的坟地里埋葬你死了的人, 我们必没有人阻止你在他的坟地埋葬你死了的人。"

7 于是, 亚伯拉罕起来, 向当地的赫人下拜,

8 对他们说: "你们若有意使我埋葬我死了的人, 使她不露在我的眼前, 就请听我的话, 为我请求琐辖的儿子以弗仑,

9 叫他把他所拥有的, 田头上那麦比拉洞卖给我。他可以按着十足的价银卖给我, 使我在你们中间有产业作坟地。"

10 那时, 以弗仑正坐在赫人中间。于是, 赫人以弗仑就回答亚伯拉罕, 所有来到城门口的赫人都听见他说:

11 "我主, 不要这样, 请听我说, 这块田我送给你, 连其中的洞我也送给你。我在我的族人眼前送给你, 让你可以埋葬你死了的人。"

12 亚伯拉罕就在当地的人面前下拜,

13 然后在当地的人面前对以弗仑说: "请听我说, 如果你愿意, 我必定把地的价银给你, 请你收下吧, 让我可以在那里埋葬我死了的人。"

14 以弗仑回答亚伯拉罕, 对他说:

15 "我主, 请听我说, 一块值四百块(四千五百克)银子的田地, 在你我之间, 算得什么呢?你埋葬你死了的人吧。"

16 亚伯拉罕同意以弗仑说的价银, 就照着他在赫人面前所说的, 拿商人通用的银子, 称了四百块(四千五百克)银子给以弗仑。

17 于是, 以弗仑在麦比拉, 在幔利前面的那块地, 包括那块田和其中的洞, 田中和四周所有的树木,

18 都在赫人眼前, 就是在所有来到城门口的赫人眼前, 归给亚伯拉罕作产业。

19 这事以后, 亚伯拉罕把自己的妻子撒拉埋在迦南地, 幔利前面麦比拉田间的洞里。幔利就是希伯仑。

20 这样, 那块田和田中的洞, 就从赫人归给了亚伯拉罕为产业作坟地。