1 En Josef is afgebring na Egipte; en Potifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.

2 En die HERE was met Josef, sodat hy 'n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.

3 En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,

4 het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee.

5 En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseënter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.

6 En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.

7 N hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.

8 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.

9 Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?

10 En nadat sy met Josef dag n dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,

11 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

12 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

13 Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14 roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons 'n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;

15 en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

16 En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.

17 En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;

18 en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.

19 Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen -- het hy baie kwaad geword;

20 en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.

21 Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.

22 En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hy gedoen.

23 Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.

1 约瑟被带下埃及去了。有一个埃及人, 是法老的臣宰, 军长波提乏, 从那些带约瑟下来的以实玛利人手里买了他。

2 耶和华与约瑟同在, 约瑟就事事顺利, 住在他主人埃及人的家里。

3 他的主人见耶和华与他同在, 又见耶和华使他手里所作的尽都顺利,

4 约瑟就得主人的欢心, 服事他的主人。他主人指派他管理他的家, 把自己所有的一切都交在他手里。

5 自从主人指派约瑟管理他的家, 和他所有的一切, 耶和华就因约瑟的缘故, 赐福给那埃及人的家。他家里和田间所有的一切, 都蒙耶和华赐福。

6 波提乏把自己所有的一切, 都交在约瑟的手里。除了自己所吃的饭以外, 其他的事他一概不管。约瑟生来体格壮健, 容貌俊美。

7 这些事以后, 约瑟主人的妻子以目传情给约瑟, 说: "与我同睡吧。"

8 约瑟不肯, 对他主人的妻子说: "你看, 家中的事我主人一概不管; 他把他所有的一切, 都交在我的手里。

9 在这家里没有比我大的。除你以外, 我主人没有留下一样不交给我, 因为你是他的妻子。我怎可以作这极恶的事, 得罪 神呢?"

10 她虽然天天对约瑟这样说, 约瑟却不听从她, 不肯与她同睡, 也不与她在一起。

11 有一天, 约瑟到屋里办事, 家里的人没有一个在屋里。

12 妇人就抓住约瑟的衣服, 说: "与我同睡吧。"约瑟把自己的衣服留在妇人的手里, 跑到外面去了。

13 妇人见约瑟把衣服留在她手里, 跑到外面去,

14 就把家里的人都叫了来, 对他们说: "你们看, 我丈夫带回家来的希伯来人想调戏我。他进到我这里来, 要与我同睡, 我就大声呼叫。

15 他一听见我高声呼叫, 就把衣服留在我身边, 跑到外面去了。"

16 妇人把约瑟的衣服放在她身边, 等她的主人回家。

17 她又用同样的话对他说: "你带回家来的希伯来人, 竟进到这里来, 要调戏我。

18 我高声呼叫, 他就把衣服留在我身边, 跑到外面去了。"

19 约瑟的主人听了他妻子对他所说的话, 说: "你的仆人就是这样对待我。"他就非常生气。

20 于是, 约瑟的主人拿住约瑟, 把他关在监里, 就是王的囚犯被监禁的地方; 约瑟就在那里坐监。

21 但是, 耶和华与约瑟同在, 向他施慈爱, 使他得到监狱长的欢心。

22 因此, 监狱长把监里所有的囚犯都交在约瑟手里; 他们在那里所作的一切事务, 都由约瑟负责处理。

23 凡交在约瑟手里的事务, 监狱长一概不闻不问; 因为耶和华与约瑟同在, 使他所作的尽都顺利。