1 Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.

2 U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.

3 U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.

4 Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek.

5 Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.

6 Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.

7 Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.

1 耶和华对我主说: "你坐在我的右边, 等我使你的仇敌作你的脚凳。"(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 耶和华必使你从锡安伸出能力的权杖, 你要在你的仇敌中掌权。

3 在你征战的日子, 你的人民都乐意投身; 你的少年人以圣洁为装饰, 好像清晨的甘露, 到你那里。

4 耶和华起了誓, 就决不反悔; 他说: "你永远作祭司, 是照着麦基洗德的体系。"

5 主在你右边, 在他发怒的日子, 必剿灭列王。

6 他必在列国中施行审判, 尸首就遍满各处; 他要剿灭地上各处的首领。

7 王要喝路旁的河水, 因此他必挺胸昂首。