1 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!2 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!4 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!5 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape.6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.7 Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes!8 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;9 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,10 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;11 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;12 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges --13 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!14 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
1 你们要赞美耶和华。你们要从天上赞美耶和华, 在高天赞美他。 2 他的众使者啊! 你们要赞美他; 他的众军啊! 你们也要赞美他。 3 太阳和月亮啊! 你们要赞美他; 光亮的星星啊! 你们都要赞美他。 4 天上的天啊! 你们要赞美他。天上的水啊! 你们要赞美他。 5 愿这一切都赞美耶和华的名, 因为他一发令, 它们就都造成。 6 他把它们立定, 直到永永远远; 他立了定律, 永不废去("废去"或译: "越过")。 7 你们要从地上赞美耶和华。海怪和一切深海, 8 火和冰雹, 雪和云雾, 执行他命令的狂风, 9 大山和一切小山, 果树和一切香柏树, 10 野兽和一切牲畜, 爬行动物和飞鸟, 11 地上的君王和万族的人民, 领袖和地上所有的审判官, 12 少男和少女, 老年人和孩童, 13 愿这一切都赞美耶和华的名, 因为独有他的名被尊崇, 他的荣耀超越天地。 14 他使自己子民的角得以高举("他使自己子民的角得以高举"或译: "他为自己的子民兴起一个君王"; "君王"原文作"角"), 他所有的圣民, 就是和他接近的以色列人, 都赞美他。你们要赞美耶和华。