1 Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE!
2 Ek wil ag gee op regskape wandel -- wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.
3 Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; die sal my nie aankleef nie.
4 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.
5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.
6 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, die mag my dien.
7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.
8 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
1 我要歌唱慈爱和公正; 耶和华啊! 我要向你歌颂。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)
2 我要小心谨慎行正直的路; 你什么时候才到我这里来呢?我要在我的家中, 以正直的心行事。
3 邪恶的事, 我都不摆在眼前; 离开正路的人所作的事, 我都恨恶, 决不容这些沾染我。
4 狡诈的心思, 我要远离; 邪恶的事, 我不参与。
5 暗中诽谤邻舍的, 我必把他灭绝; 眼目高傲, 心里骄横的, 我必不容忍他。
6 我的眼目必看顾国中的诚实人, 使他们与我同住; 行为正直的, 必要侍候我。
7 行诡诈的, 必不得住在我的家里; 说谎话的, 必不能在我眼前坚立。
8 我每日早晨必灭绝国中所有的恶人, 好把所有作孽的人都从耶和华的城里剪除。