1 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.

2 o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.

5 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.

6 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.

7 Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.

8 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.

9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.

10 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,

11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

12 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.

13 Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.

14 U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

15 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.

16 Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

17 omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,

18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.

19 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;

20 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,

21 om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;

22 sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,

23 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.

24 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.

25 My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie -- u jare is van geslag tot geslag!

26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

27 Hulle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.

28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. [ (Psalms 102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan. ]

1 耶和华啊! 求你听我的祷告; 愿我的呼求达到你那里。

2 我在患难的日子, 求你不要向我掩面; 我呼求的时候, 求你留心听我, 并且迅速应允我。

3 因为我的年日好像烟一般消散; 我的骨头烧焦像炉中的炭。

4 我的心受创伤, 好像草一般枯干, 以致我连饭也忘了吃。

5 因我唉哼的声音, 我就渐渐消瘦("我就渐渐消瘦"原文作"我的骨头紧贴着肉")。

6 我像旷野的鹈鹕, 又像废墟里的猫头鹰。

7 我躺在床上警醒着, 就像屋顶上孤单的麻雀。

8 我的仇敌终日辱骂我; 嘲弄我的指着我赌咒。

9 我吃炉灰像吃饭一样; 我所喝的与眼泪混和。

10 这都是因为你的愤恨和烈怒; 你把我举起来, 又把我摔下去。

11 我的年日好像日影偏斜, 我也好像草一般枯干。

12 耶和华啊! 你却永远坐着为王, 你可记念的名也必存到万代。

13 你要起来, 怜悯锡安, 因为现在是恩待锡安的时候; 所定的日期已经到了。

14 因为你的众仆人喜爱它的石头, 爱惜它的尘土。

15 万国都必敬畏耶和华的名; 世上列王都敬畏你的荣耀。

16 因为耶和华必建造锡安, 在他自己的荣耀里显现。

17 他要垂顾困苦人的祷告, 必不藐视他们的祈求。

18 这些事要记下来, 传给后代, 好使将来出生的人民可以赞美耶和华。

19 因为耶和华从他至高的圣所里垂看, 从天上观看大地,

20 为要垂听被囚的人的叹息, 解救定了死罪的人;

21 使人在锡安传扬耶和华的名, 在耶路撒冷传扬赞美他的话。

22 那时, 万民和万国必一同聚集, 要事奉耶和华。

23 耶和华在我壮年的时候, 使我的力量衰弱, 缩短我的年日。

24 所以我说: "我的 神啊! 求你不要使我中年去世, 你的年数万代无疆。

25 你起初立了地的根基; 天也是你手的工作。

26 天地都要毁灭, 你却长存; 天地都要像衣服一样渐渐残旧; 你要更换天地如同更换衣物一样, 天地就被更换。

27 只有你永不改变, 你的年数也没有穷尽。

28 你仆人的子孙必安然居住; 他们的后裔必在你面前坚立。"