1 Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!4 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:6 Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.9 U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
1 列国为什么骚动?万民为什么空谋妄想? 2 世上的君王起来, 首领聚在一起, 敌对耶和华和他所膏立的, 说: 3 "我们来挣断他们给我们的束缚, 摆脱他们的绳索! " 4 那坐在天上的必发笑, 主必讥笑他们。 5 那时, 他必在烈怒中对他们讲话, 在震怒中使他们惊慌, 说: 6 "我已经在锡安我的圣山上, 立了我的君王。" 7 受膏者说: "我要宣告耶和华的谕旨: 耶和华对我说: ‘你是我的儿子, 我今日生了你。 8 你求我, 我就把列国赐给你作产业, 把全地都归属于你。 9 你必用铁杖击打他们, 好像打碎陶器一样粉碎他们。’" 10 现在, 君王啊! 你们要谨慎。地上的审判官啊! 你们应当听劝告。 11 你们要以敬畏的态度事奉耶和华, 又应当存战兢的心而欢呼。 12 你们要用嘴亲吻子, 否则他一发怒, 你们就在路上灭亡, 因为他的怒气快要发作。凡是投靠他的, 都是有福的。