Publicidade

Salmos 10

1 o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?2 In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!3 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie -- dit is al sy gedagtes!5 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders -- hy blaas op hulle.6 Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.9 Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;10 en verbryseld sink die terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.11 Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.12 Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!13 Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?14 U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees.15 Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!16 Die HERE is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.17 HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister18 om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.

1 耶和华啊! 你为什么远远地站着?在患难的时候, 你为什么隐藏起来呢? 2 恶人骄横地追逼困苦人, 愿恶人陷入自己所设的阴谋中。 3 恶人夸耀心中的欲望, 他称赞贪财的人, 却藐视耶和华("他称赞贪财的人, 却藐视耶和华"或译: "贪财的人谤渎耶和华, 并藐视他")。 4 恶人面带骄傲, 说: "耶和华必不追究! "在他的一切思想中, 都没有 神。 5 他的道路时常稳妥, 你的判断高超, 他却不放在眼内; 他对所有的仇敌都嗤之以鼻。 6 他心里说: "我必永不摇动, 我决不会遭遇灾难。" 7 他口里充满咒诅、诡诈和欺压的话, 舌头底下尽是毒害与奸恶。 8 他在村庄里埋伏等候, 在隐密处杀害无辜的人, 他的眼睛暗地里窥探不幸的人。 9 他在隐密处埋伏, 像狮子埋伏在丛林中; 他埋伏要掳走困苦人, 他把困苦人拉入自己的网中, 掳走了他们。 10 他击打, 他屈身蹲伏, 不幸的人就倒在他的爪下。 11 他心里说: " 神已经忘记了, 他已经掩面, 永远不看。" 12 耶和华啊! 求你起来; 神啊! 求你举起手来, 不要忘记困苦的人。 13 恶人为什么藐视 神, 心里说: "你必不追究"呢? 14 其实你已经看见了, 忧患与愁苦你都已经看到, 并且放在自己的手中; 不幸的人把自己交托你; 你是帮助孤儿的。 15 愿你打断恶人和坏人的膀臂, 愿你追究他们的恶行, 直到清清楚楚。 16 耶和华作王直到永永远远, 列国都从他的地上灭亡。 17 耶和华啊! 困苦人的心愿你已经听见, 你必坚固他们的心, 也必留心听他们的呼求; 18 好为孤儿和受欺压的人伸冤, 使地上的人不再施行恐吓。

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-03-22_20-08-07-green