1 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
2 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
3 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,
4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
5 Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het -- om dit aan hulle kinders bekend te maak,
6 sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,
7 en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,
8 en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
9 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.
10 Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.
11 En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.
12 Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.
13 Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.
14 En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.
15 Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.
16 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
17 Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.
18 En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
19 En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?
20 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het -- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?
21 Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
22 omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
23 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;
24 en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.
25 Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
26 Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;
27 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
28 en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.
29 Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.
30 Hulle was nie weg van hul begeerte nie -- hulle voedsel was nog in hulle mond --
31 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
32 Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.
33 So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
34 Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;
35 en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
36 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;
37 maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
38 Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
39 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
40 Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis;
41 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.
42 Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
43 toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.
44 En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.
45 Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.
46 En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan.
47 Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.
48 Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.
49 Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes.
50 Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.
51 En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
52 Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.
53 Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.
54 En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.
55 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en die aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
56 Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.
57 En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.
58 En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.
59 God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.
60 En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.
61 En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.
62 En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.
63 Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.
64 Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.
65 Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn;
66 en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen.
67 En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,
68 maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.
69 En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.
70 En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.
71 Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel.
72 En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
1 我的民哪! 你们要留心听我的教训, 侧耳听我口中的言语。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)
2 我要开口用比喻, 把古时隐秘的事说出来,
3 就是我们所听过所知道的, 也是我们的列祖告诉我们的,
4 我们不把这些事向他们的子孙隐瞒, 却要把耶和华应得的赞美、他的能力, 和他所行的奇事, 都向后代的人述说。
5 他在雅各设立法度, 在以色列中制订律法, 就是他吩咐我们的列祖, 去教训他们的子孙的,
6 好使后代的人, 包括将要出生的儿女, 都可以知道; 他们也要起来, 告诉他们的子孙,
7 使他们信靠 神, 不忘记 神的作为, 谨守他的诫命;
8 免得他们像他们的列祖, 成了顽梗悖逆的一代, 心不坚定的一代, 他们的心对 神不忠。
9 以法莲的子孙, 虽然备有弓箭, 在争战的日子, 却转身逃走。
10 他们不谨守 神的约, 不肯遵行他的律法。
11 他们忘记了 神的作为, 和他显给他们看的奇事。
12 他在埃及地, 在琐安的田野, 在他们列祖的眼前, 行了奇事。
13 他把海分开, 领他们走过去, 又使海水直立像一道堤坝。
14 白日他用云彩, 夜间他用火光引导他们。
15 他在旷野使磐石裂开, 给他们水喝, 多如深渊的水。
16 他使水从磐石中涌出来, 使水好像江河一般流下。
17 但他们仍然犯罪顶撞他, 在干旱之地仍然悖逆至高者。
18 他们心里试探 神, 随着自己的欲望要求食物。
19 他们妄论 神, 说: " 神可以在旷野摆设筵席吗?
20 他虽曾击打磐石, 使水涌出来, 好像江河泛滥, 他还能赐粮食吗?他还能为自己的子民预备肉食吗?"
21 因此耶和华听见了, 就大怒; 有烈火在雅各烧起, 有怒气向以色列发作。
22 因为他们不相信 神, 不倚靠他的拯救。
23 然而, 他吩咐天上的云彩, 打开天上的门户。
24 他降吗哪给他们吃, 把天上的食物赐给他们。
25 于是人吃了天使的食物, 是 神赐下的食粮, 使他们饱足。
26 他从天空刮起东风, 施能力领出南风。
27 他降肉食给他们, 多如尘土; 又降飞鸟给他们, 多如海沙。
28 他使飞鸟落在他们的营中, 在他们住处的四围。
29 他们吃了, 而且吃得很饱, 这样, 神把他们所愿的都赐给他们了。
30 他们还没有因所愿的满足, 食物仍在他们口中的时候,
31 神的怒气就向他们发作, 杀了他们中间最肥壮的人, 击倒了以色列的年轻人。
32 虽然经历了这一切, 他们仍然犯罪; 尽管看见这些奇事, 他们仍不相信。
33 所以 神使他们的日子在虚空中消逝, 使他们的岁月在惊恐中完结。
34 神击杀他们的时候, 他们就寻求他; 他们回转过来, 切切求问 神。
35 他们也想起 神是他们的磐石, 至高的 神是他们的救赎主。
36 但他们仍然用口欺骗他, 用舌头向他说谎。
37 他们的心对他不坚定, 也不忠于和他所立的约。
38 他却有怜悯, 赦免罪孽, 没有把他们灭绝, 并且多次抑制自己的怒气, 没有完全宣泄他的烈怒。
39 他顾念他们不过是人, 是一阵吹去不再返回的风。
40 他们多少次在旷野悖逆他, 在沙漠使他担忧;
41 他们再三试探 神, 使以色列的圣者忧伤。
42 他们忘记了他的能力, 就是他救赎他们脱离敌人的日子,
43 他怎样在埃及显神迹, 在琐安的田野行奇事。
44 他把他们的江河都变为血, 使他们不能喝河流的水。
45 他使成群的苍蝇到他们中间来, 吞吃他们; 又使青蛙来毁灭他们。
46 他把他们的农产交给蚱蜢, 把他们辛劳的收获交给蝗虫。
47 他用冰雹摧毁他们的葡萄树, 用严霜冻坏他们的桑树。
48 又把他们的牲畜交给冰雹, 把他们的群畜交给闪电。
49 他使猛烈的怒气、忿怒、愤恨、患难, 好像一群降灾的使者, 临到他们中间。
50 他为自己的怒气修平了路, 不惜使他们死亡, 把他们的性命交给瘟疫。
51 他在埃及击杀了所有的长子, 在含的帐棚中击杀了他们强壮时生的头胎子。
52 他却把自己的子民领出来好像领羊群, 在旷野引导他们像引导群畜一样。
53 他带领他们平平安安地走过去, 所以他们不惧怕; 海却淹没了他们的仇敌。
54 他领他们进入自己圣地的境界, 到他右手所得的这山地。
55 他在他们面前把外族人赶出去, 用绳子量地, 分给他们作为产业, 又使以色列众支派的人居住在自己的帐棚里。
56 但他们仍然试探和悖逆至高的 神, 不谨守他的法则。
57 他们背信不忠, 像他们的列祖一样; 他们改变了, 如同不可靠的弓。
58 因他们的邱坛, 惹起他的怒气, 因他们雕刻的偶像, 激起他的愤恨。
59 神听见就大怒, 完全弃绝了以色列。
60 他丢弃了在示罗的居所, 就是他在世人中间居住的帐棚。
61 他又把象征他权能的约柜交给人掳去, 把他的荣美交在敌人的手里,
62 并且把自己的子民交给刀剑, 向自己的产业大发烈怒。
63 他们的青年被火吞灭, 他们的少女也听不见结婚的喜歌。
64 他们的祭司倒在刀下, 他们的寡妇却不能哀哭。
65 那时主好像从睡眠中醒过来, 如同勇士酒后清醒一样。
66 他击退了他的敌人, 使他们永远蒙羞受辱。
67 他弃绝约瑟的帐棚, 不拣选以法莲支派,
68 却拣选了犹大支派, 他所爱的锡安山。
69 他建造了自己的圣所好像在高天之上, 又像他所建立永存的大地。
70 他拣选了自己的仆人大卫, 把他从羊圈中召出来;
71 他领他出来, 使他不再跟着那些母羊, 却要牧养他的子民雅各, 和他的产业以色列。
72 于是大卫以正直的心牧养他们, 灵巧地引导他们。