1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
2 Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het
3 en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
4 Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
6 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
7 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.
8 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.
10 Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters --
11 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
12 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
13 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
14 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
15 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
16 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
17 Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is --
18 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
19 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
20 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
21 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
22 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters --
24 hulle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.
25 Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee.
27 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
28 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
31 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
33 Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,
34 vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
35 Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.
37 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer --
40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad --
41 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
42 Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
1 你们要称谢耶和华, 因他本是良善的; 他的慈爱永远长存。
2 愿耶和华救赎的子民这样称谢他; 这民就是他从敌人的手里救赎出来,
3 把他们从各地, 就是从东从西、从南("南"原文作"海")从北, 招聚回来的。
4 他们有些人在旷野、在荒漠飘流, 寻不见路往可居住的城巿。
5 他们又饥又渴, 心灵疲弱。
6 他们在急难中呼求耶和华, 耶和华就救他们脱离困苦;
7 领他们走正直的路, 使他们去到可居住的城巿。
8 愿人因耶和华的慈爱, 和他向世人所行的奇事称谢他。
9 因为他使干渴的人得到满足, 又使饥饿的人饱享美物。
10 他们有些人坐在黑暗和死荫里, 被困苦和铁链捆锁着;
11 因为他们违背了 神的话, 藐视了至高者的旨意。
12 所以 神用苦难治服他们的心; 他们跌倒, 也没有人帮助。
13 他们在急难中呼求耶和华, 耶和华就拯救他们脱离困苦。
14 他从黑暗里和死荫中把他们领出来, 弄断他们的锁链。
15 愿人因耶和华的慈爱, 和他向世人所行的奇事称谢他。
16 因为他打破了铜门, 砍断了铁闩。
17 他们有些人因自己的过犯成了愚妄人, 有人受苦是因为自己的罪孽。
18 他们厌恶各样食物, 就临近死门。
19 于是他们在急难中呼求耶和华, 他就拯救他们脱离困苦。
20 他发出说话医治他们, 搭救他们脱离死亡。
21 愿人因耶和华的慈爱, 因他向世人所行的奇事称谢他。
22 愿他们以感谢为祭献给他, 欢欣地述说他的作为。
23 他们有些人坐船出海, 在大海上往来经商。
24 他们见过耶和华的作为, 和他在深海中所行的奇事。
25 他一吩咐, 狂风就刮起, 海中的波浪也高扬。
26 他们上到天上, 下到深渊, 他们的心因危难而惊慌。
27 他们摇摇晃晃, 东倒西歪, 好像醉酒的人; 他们的一切智慧都没有用了。
28 于是他们在急难中呼求耶和华, 他就拯救他们脱离困苦。
29 他使狂风止息, 海浪就平静无声。
30 风平浪静了, 他们就欢喜; 他引领他们到他们所愿去的港口。
31 愿人因耶和华的慈爱, 和他向世人所行的奇事称谢他。
32 愿他们在众民的会中尊崇他, 在长老的集会中赞美他。
33 他使江河变为旷野, 使水泉变为干旱无水之地。
34 他使肥沃的土地变为咸田, 都因住在那里的居民的邪恶。
35 他使旷野变为池塘, 使旱地变为水泉。
36 他使饥饿的人住在那里, 好让他们建造可以居住的城巿。
37 他们耕种田地, 栽种葡萄园, 得到丰盛的收成。
38 他又赐福给他们, 使他们人口众多, 也没有使他们的牲畜减少。
39 以后他们因为压迫、患难、愁苦, 就人数减少, 降为卑微。
40 他使权贵受羞辱, 使他们在荒废无路的地方飘流。
41 他却把贫穷的人安置在高处, 免受苦难, 使他的家族繁衍, 好像羊群。
42 正直的人看见了, 就欢喜; 但所有邪恶的人都必闭口无言。
43 凡有智慧的, 愿他留意这些事; 愿他思想耶和华的慈爱。