1 'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.2 Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.3 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.4 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.5 Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.6 Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.7 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.8 Die HERE is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.9 Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.
1 耶和华啊! 我向你呼求; 我的磐石啊! 不要不听我; 如果你缄默不理我, 我就跟那些下坑的人一样。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题) 2 我向你呼求, 向你的至圣所举手祷告的时候, 求你垂听我恳求的声音。 3 求你不要把我和坏人, 跟作恶的人一同除掉; 他们与邻居说平安的话, 心里却存着奸恶。 4 愿你按着他们所作的, 照着他们所行的恶报应他们; 愿你照着他们手所作的报应他们, 把他们应得的报应加给他们。 5 他们既然不关心耶和华的作为, 和他手所作的, 耶和华就必拆毁他们, 不建立他们。 6 耶和华是应当称颂的, 因为他听了我恳求的声音。 7 耶和华是我的力量, 是我的盾牌; 我的心倚靠他, 我就得到帮助; 所以我的心欢乐。我要用诗歌颂赞他。 8 耶和华是他子民的力量, 又是他受膏者得救的保障。 9 求你拯救你的子民, 赐福给你的产业, 牧养他们, 怀抱他们, 直到永远。