1 'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.

2 Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.

3 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.

4 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.

5 Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.

6 Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.

7 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

8 Die HERE is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.

9 Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.

1 耶和华啊! 我向你呼求; 我的磐石啊! 不要不听我; 如果你缄默不理我, 我就跟那些下坑的人一样。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 我向你呼求, 向你的至圣所举手祷告的时候, 求你垂听我恳求的声音。

3 求你不要把我和坏人, 跟作恶的人一同除掉; 他们与邻居说平安的话, 心里却存着奸恶。

4 愿你按着他们所作的, 照着他们所行的恶报应他们; 愿你照着他们手所作的报应他们, 把他们应得的报应加给他们。

5 他们既然不关心耶和华的作为, 和他手所作的, 耶和华就必拆毁他们, 不建立他们。

6 耶和华是应当称颂的, 因为他听了我恳求的声音。

7 耶和华是我的力量, 是我的盾牌; 我的心倚靠他, 我就得到帮助; 所以我的心欢乐。我要用诗歌颂赞他。

8 耶和华是他子民的力量, 又是他受膏者得救的保障。

9 求你拯救你的子民, 赐福给你的产业, 牧养他们, 怀抱他们, 直到永远。