1 In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hos,a, die seun van Ela, in Samar¡a oor Israel koning geword -- nege jaar lank.
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.
3 Teen hom het Salman,ser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hos,a het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal.
4 Maar die koning van Assirië het by Hos,a 'n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.
5 En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samar¡a en dit drie jaar lank beleër.
6 In die negende jaar van Hos,a het die koning van Assirië Samar¡a ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.
7 Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees
8 en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.
9 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die HERE hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.
10 En hulle het vir hul klippilare en heilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
11 En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die HERE voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die HERE te terg.
12 En hulle het die drekgode gedien waarvan die HERE vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie.
13 En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die HERE hulle God vertrou het nie.
15 En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
16 En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Ba„l gedien.
17 En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.
18 So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.
19 Selfs Juda het die gebooie van die HERE hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.
20 Daarom het die HERE die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.
21 Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jerobeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen.
22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jerobeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;
23 totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.
24 En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarv im mense ingevoer en laat woon in die stede van Samar¡a, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samar¡a in besit geneem en in sy stede gaan woon.
25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die HERE nie gevrees nie. Toe stuur die HERE leeus onder hulle, en die het onder hulle sommige gedood.
26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samar¡a laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, die maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.
27 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.
28 En een van die priesters wat uit Samar¡a weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die HERE moet vrees.
29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:
30 die manne van Babel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het As¡ma gemaak,
31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns vir Adramm,leg en Anamm,leg, die gode van Sefarv im, in die vuur verbrand.
32 Hulle het die HERE ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.
33 Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.
34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.
35 Tog het die HERE met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.
36 Maar die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.
37 En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.
38 En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.
39 Maar die HERE julle God moet julle vrees, en Hy sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.
40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.
41 So het hierdie nasies dan die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.
1 犹大王亚哈斯在位第十二年, 以拉的儿子何细亚在撒玛利亚登基, 统治以色列九年。
2 他行耶和华看为恶的事, 只是不像他以前的以色列诸王。
3 亚述王撒缦以色上来攻击他, 他就臣服于他, 并且向他进贡。
4 后来, 亚述王发觉何细亚阴谋反叛: 他曾派使者去见埃及王梭, 并且不再向亚述王献上贡物, 像过去每年一样。亚述王就拿住他, 把他囚在牢里。
5 亚述王上来攻击以色列全国各地, 并且到撒玛利亚来, 围城三年。
6 何细亚在位第九年, 亚述王占领了撒玛利亚, 把以色列人掳到亚述去, 徙置他们在哈腊, 在哈博河和歌散河一带, 以及在玛代人的各城。
7 这是因为以色列人得罪了那曾带领他们从埃及王法老的手下离开埃及的耶和华他们的 神, 去敬畏别的神。
8 他们随从耶和华从以色列人面前驱逐的外族人的风俗, 以及以色列诸王奉行的风俗。
9 以色列人也说了亵渎的话, 顶撞耶和华他们的 神, 并且在他们所有的城市, 从哨站到设防城, 为他们自己建筑邱坛。
10 又在各高山顶上和每一棵青翠的树下竖立神柱和亚舍拉。
11 他们在各邱坛上献祭和焚香, 好像耶和华从他们的面前掳去的外族人一样, 又行恶事, 使耶和华发怒。
12 他们又服事雕刻的偶像, 耶和华曾警告他们不可以行这事。
13 耶和华曾借着他的众先知和先见警告以色列人和犹大人说: "从你们的恶道上转回吧! 谨守我的吩咐和我的律例, 就是我曾吩咐你们的祖先, 和借着我的仆人众先知传递给你们的一切律法。"
14 可是他们不听从, 反而硬着自己的颈项, 好像他们的祖先, 不信服耶和华他们的 神;
15 厌弃他的律例和他与他们的祖先订立的约, 以及他对他们的警戒; 却信从虚无的神, 自己成为虚妄, 跟从他们周围的外族人, 耶和华曾吩咐他们不可跟从他们的行为。
16 他们丢弃耶和华他们 神的一切吩咐, 为自己做了两个牛犊的铸像, 又做亚舍拉, 并且敬拜天上的万象和服事巴力;
17 他们又把儿女用火烧为祭, 并且占卜, 行法术, 出卖自己去行耶和华看为恶的事, 使他发怒。
18 于是耶和华向以色列人大大发怒, 把他们从自己面前赶走, 只剩下犹大一个支派。
19 连犹大人也不持守耶和华他们的 神的吩咐, 随从以色列人所行的习俗。
20 耶和华就厌弃以色列人的后裔, 使他们受苦, 把他们交在抢掠他们的人的手中, 直到把他们从自己的面前完全丢弃。
21 因为他自从使以色列从大卫家分裂出来后, 他们就立了尼八的儿子耶罗波安作王, 耶罗波安却引诱以色列人不去跟从耶和华, 又使他们犯了大罪。
22 以色列人就随从耶罗波安所犯的一切罪恶, 总不转离;
23 以致最后耶和华把以色列人从自己的面前赶走, 就像他借着自己的仆人众先知所说的。于是以色列人被掳离开自己的国土, 往亚述去, 直到今日。
24 亚述王从巴比伦、古他、亚瓦、哈马和西法瓦音带人来, 安置在撒玛利亚的城市, 代替以色列人。他们就得了撒玛利亚作产业, 住在它的城市中。
25 他们开始在那里居住的时候, 并不敬畏耶和华, 所以耶和华派狮子到他们中间, 咬死他们好些人。
26 有人告诉亚述王说: "你所掳去, 安置在撒玛利亚各城市的众民族不知道当地的神的规矩, 所以他派狮子到他们中间。看哪, 狮子咬死他们, 因为他们不知道当地的神的规矩。"
27 于是亚述王下令: "我从那里掳来的祭司中, 要叫一个回到那里去。他要去住在那里, 教导他们当地的神的规矩。"
28 于是从撒玛利亚被掳来的祭司中, 有一个回去, 住在伯特利, 教导他们怎样敬畏耶和华。
29 但各族的人仍然制造自己的神像, 安放在撒玛利亚人所造各邱坛的庙中; 各族人在他们所居住的城市都这样作。
30 巴比伦人做了疏割.比讷像, 古他人做了匿甲像, 哈马人做了亚示玛像,
31 亚瓦人做了匿哈和他珥他像, 西法瓦音人用火焚烧自己的儿女, 献给西法瓦音的神亚得米勒和亚拿米勒。
32 他们也惧怕耶和华, 所以从他们中间选立邱坛的祭司, 替他们在邱坛的庙里献祭。
33 他们既惧怕耶和华, 又服事他们的神; 从哪个民族掳来的, 就按照哪个民族的习俗服事他们的神。
34 直到今日, 他们仍是按照他们初时的习俗去行; 他们不敬畏耶和华, 行事不按他们的规例和典章, 也不按耶和华曾吩咐雅各的子孙的律法和诫命; 后来, 耶和华给雅各起名为以色列。
35 耶和华曾经和他们立约, 又吩咐他们说: "你们不可崇敬别的神, 不可跪拜他们, 不可服事他们, 也不可向他们献祭。
36 但那曾用大能和伸出的膀臂把你们从埃及地领出来的耶和华, 你们应当敬畏他, 跪拜他和向他献祭。
37 他写给你们的律例、典章、律法和诫命, 你们要永远谨守遵行, 不要崇敬别的神。
38 他和你们所立的约你们不可忘记, 不要崇敬别的神。
39 但要敬畏耶和华你们的 神, 他必救你们脱离所有仇敌的手。"
40 可是他们没有听从, 仍然照着他们起初的习俗去行。
41 这样, 这些民族一方面敬畏耶和华; 另一方面又继续服事他们的偶像。他们的子子孙孙继续照着他们的祖先所行的去行, 直到今日。