1 Toe het die koning gestuur, en hulle het al die oudstes van Juda en Jerusalem by hom versamel.

2 En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.

3 En die koning het op die verhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.

4 Toe gee die koning die hoëpriester Hilk¡a en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Ba„l en Asj,ra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.

5 En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Ba„l, vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.

6 En hy het die Asj,ra uit die huis van die HERE buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooi op die algemene begraafplaas.

7 En hy het die huise van die skandseuns afgebreek wat in die huis van die HERE was, waar die vroue tente geweef het vir Asj,ra.

8 En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Bers,ba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Josua, die owerste van die stad, was en die wat aan 'n mens se linkerhand in die stadspoort was.

9 Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van die HERE in Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.

10 Hy het ook Tofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie.

11 En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang van die huis van die HERE, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand.

12 Verder, die altare wat op die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare wat Manasse in die twee voorhowe van die huis van die HERE gemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan in die spruit Kidron gegooi.

13 En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astarte, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.

14 Hy het ook die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap en hulle plek met mensbene opgevul.

15 En ook die altaar wat in Bet-el was, die hoogte wat Jerobeam, die seun van Nebat, gebou het, wat Israel laat sondig het, ook daardie altaar en die hoogte het hy afgebreek en die hoogte verbrand; hy het dit tot stof vermaal en die heilige boomstam verbrand.

16 En toe Jos¡a hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig, volgens die woord van die HERE wat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.

17 Toe sê hy: Wat is dit vir 'n grafsteen wat ek daar sien? En die manne van die stad antwoord hom: Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom en hierdie dinge uitgeroep het wat teen die altaar van Bet-el gedoen het.

18 Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die bene van die profeet wat uit Samar¡a gekom het, met rus gelaat.

19 En ook al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samar¡a was, wat die konings van Israel gebou het om die HERE te terg, het Jos¡a afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in Bet-el gedoen het.

20 En al die priesters van die hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag en mensbene daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan.

21 Toe gee die koning die hele volk bevel en sê: Hou pasga vir die HERE julle God soos geskrywe is in hierdie verbondsboek.

22 Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie;

23 maar in die agttiende jaar van koning Jos¡a is hierdie pasga vir die HERE in Jerusalem gehou.

24 Ook het Jos¡a die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilk¡a in die huis van die HERE gekry het.

25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HERE bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en n hom het nie een soos hy opgestaan nie.

26 Nogtans het die HERE Hom nie afgewend van sy groot toorngloed waarmee sy toorn teen Juda ontvlam het oor al die terginge waarmee Manasse Hom geterg het nie.

27 En die HERE het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.

28 En die verdere geskiedenis van Jos¡a en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

29 In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Jos¡a het hom tegemoetgetrek, maar die het hom gedood by Meg¡ddo net toe hy hom sien.

30 En sy dienaars het hom dood vervoer van Meg¡ddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; en die volk van die land het Joahas, die seun van Jos¡a, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.

31 Drie en twintig jaar was Joahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamutal, die dogter van Jerem¡a, uit Libna.

32 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vaders gedoen het.

33 Maar Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud.

34 En Farao Nego het ljakim, die seun van Jos¡a, koning gemaak in die plek van sy vader Jos¡a en sy naam verander in Jojakim, maar Joahas saamgeneem. So het hy dan in Egipte gekom en daar gesterwe.

35 En die silwer en die goud het Jojakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer.

36 Vyf en twintig jaar was Jojakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebudda, 'n dogter van Ped ja, uit Ruma.

37 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vaders gedoen het.

1 于是王派人召集犹大和耶路撒冷所有的长老到他那里。

2 王登上耶和华的殿, 犹大众人、耶路撒冷所有的居民, 还有祭司、先知和众民, 不论大小, 都一同前往。王就把在耶和华殿发现的约书所记的一切话都念给他们听。

3 王站在柱旁, 在耶和华面前立约, 要一心一意跟从耶和华, 谨守他的诫命、典章和律例, 实行这书上所写有关这约的话。众民都一同立约。

4 王吩咐希勒家大祭司、副祭司和守殿门的, 把所有为巴力、亚舍拉和天上的万象所制造的器皿, 从耶和华殿里搬出去, 在耶路撒冷城外汲沦谷的田野, 把它们烧了。然后把它们的灰烬带到伯特利去。

5 他废除了从前犹大列王所立、在犹大各城的邱坛, 和耶路撒冷的周围焚香拜偶像的祭司。又废除向巴力、日、月、星辰和天上万象焚香的人。

6 他把亚舍拉像从耶和华殿里搬走, 拿到耶路撒冷外的汲沦溪去, 在汲沦溪把它烧毁, 磨碎成灰, 把灰撒在平民的坟墓上。

7 他拆毁在耶和华殿内男性庙妓的房屋, 就是妇女为亚舍拉编织袍子的地方。

8 他又从犹大各城把祭司们召来, 污秽祭司们焚香的邱坛, 从迦巴直到别是巴。他又拆毁设在城门的邱坛, 就是在市长约书亚门的出入处, 在城门的左边。

9 但是邱坛的祭司不会登上在耶路撒冷耶和华的祭坛, 他们只是在他们的兄弟中间吃无酵饼。

10 他又污秽在欣嫩子谷的陀斐特, 人在那里将儿女焚烧献给摩洛。

11 他又除去犹大列王献给日头的马匹; 这些马匹是在耶和华殿的入口处, 靠近太监拿单.米勒在院子里的住宅。他又把献给日头的战车用火烧掉。

12 他又把亚哈斯的楼房顶上, 犹大列王所做的祭坛, 和玛拿西在耶和华殿的两院中所做的祭坛拆毁, 就地打碎, 把它们的灰尘倒进汲沦溪去。

13 在耶路撒冷东面、橄榄山南面的邱坛, 就是以色列王所罗门为西顿人可憎的神亚斯他录、摩押人可憎的神基抹, 和亚扪人可憎的神米勒公所筑的邱坛, 王都污秽了。

14 他又打碎神柱, 砍下亚舍拉, 把死人的骨头布满那个地方。

15 此外, 甚至在伯特利的祭坛和那使以色列人陷于罪中的尼八的儿子耶罗波安所做的邱坛, 他都拆毁焚烧, 压碎成灰, 又把亚舍拉烧了。

16 约西亚转过身来, 看见在山上的坟墓, 于是派人把骨头从坟墓中取出来, 烧在祭坛上, 污秽它, 就像神人从前所宣告的耶和华的话。

17 约西亚说: "我看见的这墓碑是谁的呢?"那城的人对他说: "这是以前从犹大来预告你在伯特利祭坛上所作的事的神人的坟墓。"

18 所以王说: "由他吧! 不要让人动他的骨头。"于是他们没有碰他的骨头和那从撒玛利亚来的先知的骨头。

19 以色列诸王在撒玛利亚各城市建造, 以致激怒耶和华的一切邱坛上的庙堂, 约西亚都除去; 他照着在伯特利所行的一切对付它们。

20 他又把所有邱坛的祭司都在祭坛上宰了。他把人的骨头烧在它们上面, 然后回到耶路撒冷去了。

21 王又命令众民说: "照着这约书上所写的, 守逾越节, 记念耶和华你们的 神。"

22 真的自从士师治理以色列的日子以来, 以及以色列诸王和犹大列王所有的日子以来, 没有守过像这次的逾越节的。

23 只有在约西亚王第十八年, 在耶路撒冷守了这逾越节, 记念耶和华。

24 约西亚也除去在犹大地和耶路撒冷所有招魂的、行巫术的、家神、偶像和一切可憎之物, 为要实践希勒家祭司在耶和华殿里所寻得的书上所写律法的话。

25 在他以前没有王好像他按着摩西一切律法, 全心、全性、全力归向耶和华; 在他以后也没有兴起一个王好像他的。

26 但耶和华并没有把他向犹大所发的烈怒消除, 因玛拿西种种的恶行激怒了他。

27 耶和华说: "我也要把犹大从我面前赶走, 好像我把以色列除去一样。我要丢弃我所拣选的城市耶路撒冷, 以及圣殿, 我曾说: ‘我的名必立在那里。’"

28 约西亚其余的事迹和他所行的一切, 不是都写在犹大列王的年代志上吗?

29 在约西亚的日子, 埃及王法老尼哥上来幼发拉底河帮助亚述王, 约西亚王竟去迎战他, 法老看见他的时候, 就把他杀死在米吉多。

30 他的臣仆把他的尸体从米吉多用马车运载, 送到耶路撒冷, 把他埋葬在他自己的坟墓里。国民选举约西亚的儿子约哈斯, 膏了他, 立他接续他父亲作王。

31 约哈斯登基时是二十三岁, 他在耶路撒冷作王三个月。他母亲名叫哈慕他, 是立拿人耶利米的女儿。

32 他行耶和华看为恶的事, 好像他的祖先所行的。

33 法老尼哥把他囚禁在哈马地的利比拉, 使他不能在耶路撒冷作王; 又罚了犹大国三千公斤银子和三十公斤金子。

34 法老尼哥另立约西亚的儿子以利雅敬接续他的父亲约西亚作王, 改了他的名字作约雅敬。他俘掳了约哈斯, 把他带到埃及, 他就死在那里。

35 约雅敬把银子、金子付给法老; 为了应付法老的命令, 他向全国征收税银, 按着他的评估, 向每位国民索取金银, 好付给法老尼哥。

36 约雅敬登基的时候是二十五岁, 他在耶路撒冷作王十一年。他母亲名叫西布大, 是鲁玛人毗大雅的女儿。

37 他行耶和华看为恶的事, 好像他的祖先一切所行的。