1 En die profete-seuns het vir El¡sa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.
2 Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan.
3 Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan.
4 En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap.
5 Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!
6 En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.
7 En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.
8 Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen Israel, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op die en die plek sal my laer staan.
9 Maar die man van God het die koning van Israel laat weet: Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek daarheen af.
10 Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie.
11 Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?
12 En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar El¡sa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.
13 En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan.
14 So het hy dan daarheen perde en strydwaens en 'n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.
15 En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar 'n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?
16 Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.
17 En El¡sa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom El¡sa.
18 En toe hulle na hom afkom, het El¡sa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van El¡sa met blindheid geslaan.
19 Daarop sê El¡sa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samar¡a gelei.
20 En by hulle aankoms in Samar¡a, sê El¡sa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samar¡a!
21 En die koning van Israel sê vir El¡sa toe hy hulle sien: Moet ek verslaan, moet ek verslaan, my vader?
22 Maar hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het? Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan trek.
23 En hy het hulle 'n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul heer getrek. En die bendes van die Arameërs het verder nie meer in die land van Israel gekom nie.
24 En daarna het B,nhadad, die koning van Aram, sy hele leër versamel en opgetrek en Samar¡a beleër.
25 En daar was 'n groot hongersnood in Samar¡a, want hulle het dit beleër totdat 'n eselskop tagtig sikkels silwer en 'n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was.
26 En terwyl die koning op die muur verbygaan, roep 'n vrou na hom en sê: Help, heer koning!
27 Maar hy antwoord: As die HERE jou nie help nie, waarvandaan moet ek jou dan help? Van die dorsvloer of van die parskuip?
28 Verder sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet.
29 So het ons dan my seun gekook en hom geëet; maar toe ek die volgende dag vir haar sê: Gee jou seun, dat ons hom eet -- het sy haar seun weggesteek.
30 En toe die koning die woorde van die vrou hoor, skeur hy sy klere, terwyl hy op die muur verder loop -- die mense het gesien hoe daar 'n roukleed onder op sy liggaam was --
31 en hy sê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen, as die hoof van El¡sa, die seun van Safat, vandag op hom sal bly staan.
32 En terwyl El¡sa in sy huis sit en die oudstes by hom sit, het die koning 'n man voor hom uit gestuur; maar voordat die boodskapper by hom kom, sê hy aan die oudstes: Het julle gesien dat hierdie moordenaarskind stuur om my hoof af te slaan? Let op! Sodra die boodskapper kom, sluit dan die deur toe en druk hom met die deur weg. Is die geruis van sy heer se voetstappe nie agter hom nie?
33 Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. En die koning sê: Kyk, hierdie onheil kom van die HERE; wat sou ek langer op die HERE wag?
1 众先知门徒对以利沙说: "请看, 我们在你面前居住的那一个地方, 对我们来说实在是太窄小了。
2 请你让我们到约旦河, 每人从那里取一根木头, 我们要在那里为自己建造一个地方居住。"以利沙说: "你们去吧! "
3 有一个门徒说: "请你和你的仆人们一起去。"他说: "我会去的。"
4 他就和他们同去。他们到了约旦河, 就砍伐树木。
5 有一个门徒砍伐木头的时候, 斧头掉到水里去了。他就喊着说: "惨啦! 我主啊, 这斧头是借回来的。"
6 神人说: "掉在哪里呢?"于是他把那地点指给他看。他砍了一根木头, 丢在那里, 那斧头就浮上来了。
7 以利沙说: "你自己拿上来吧。"他就伸手把它拿住了。
8 亚兰王与以色列人打仗, 他和他的臣仆商议, 说: "我要在某处某处埋伏。"
9 神人就差派人去见以色列王说: "你要小心, 不要经过这个地方, 因为亚兰人在那里埋伏。"
10 以色列王派人到那地方, 就是神人曾告诉他, 警告他的, 他就在那里小心防范; 这样不止一两次。
11 亚兰王因为这事心中大感困惑, 他召了他的臣仆来, 对他们说: "在我们中间有谁帮助以色列王, 你们不告诉我吗?"
12 他的一位臣仆说: "我主我王啊! 不是的; 只不过是以色列的以利沙先知, 把你在你卧室内所说的话, 告知了以色列王。"
13 于是王说: "你们去看看他在哪里, 我要派人把他捉住。"有人告诉他说: "看哪! 他正在多坍。"
14 他就差派车马和一大队军兵往那里去, 他们在夜间抵达, 围困那城。
15 神人的侍从清早起来, 走出屋子, 看见军队、车马围住了城。神人的仆人对神人说: "惨啦, 我主啊! 我们怎样办才好呢?"
16 神人说: "不要惧怕, 因为和我们在一起的比和他们在一起的更多。"
17 以利沙祷告, 说: "耶和华啊! 请你打开他的眼睛, 使他能看见。"于是耶和华打开了仆人的眼睛, 他就看见; 看哪! 那山上布满了火马火车, 围绕着以利沙。
18 亚兰人下来攻击以利沙, 以利沙就祷告耶和华, 说: "求你击打这民族, 使他们瞎眼。"于是耶和华击打他们, 使他们瞎眼, 正如以利沙所说的。
19 以利沙对他们说: "这不是那条路, 这边不是那座城; 你们跟着我来, 我要把你们领到你们要寻找的人那里。"于是他把他们领到撒玛利亚。
20 他们进入撒玛利亚的时候, 以利沙就说: "耶和华啊! 求你开这些人的眼睛, 使他们能看见。"于是耶和华开了他们的眼睛, 他们就看见了。看哪! 他们竟是在撒玛利亚城中。
21 以色列王看见他们, 就对以利沙说: "我父啊, 我可以击杀他们吗?"
22 以利沙说: "你不可击杀他们。你可以击杀你自己用刀用弓掳回来的人吗?你要在他们面前摆上食物和水, 给他们吃喝, 然后回到他们的主人那里去。"
23 于是王为他们预备盛大的宴会; 他们吃喝完了, 王打发他们离去, 他们就回到他们的主人那里去了。从此, 亚兰的军队不再侵犯以色列地了。
24 后来, 亚兰王便.哈达征召他全部的军队上来围困撒玛利亚。
25 于是撒玛利亚发生了极大的饥荒, 敌军继续包围, 以致一个驴头要卖九百克银子, 两百克的鸽子粪也值六十克银子。
26 以色列王在城墙上经过时, 有一个妇人向他呼求说: "我主我王啊, 救救我! "
27 他说: "如果耶和华不救你, 我又从哪里救你?是从打谷场, 或是从榨酒池呢?"
28 王对她说: "到底有什么事呢?"她说: "这妇人对我说: ‘把你的儿子交出来, 今日我们好把他吃了; 明天我们可以吃我的儿子。’
29 于是我们把我的儿子煮了, 把他吃了。第二日, 我对她说: ‘把你的儿子交出来, 我们好把他吃了。’她却把她的儿子收藏起来。"
30 王听见那妇人的话, 就撕裂衣服, 他当时正在城墙上, 人民都看见他; 看哪, 他里面贴身穿着的是件麻衣。
31 他说: "如果今日沙法的儿子以利沙的头仍留在他身上, 愿 神惩罚我, 而且加倍惩罚我。"
32 那时, 以利沙正坐在自己的屋子里, 众长老也和他坐在一起。王差派一个在他面前侍立的人去, 那使者去到以利沙那里以前, 以利沙对众长老说: "你们看这凶手之子派人来取我的首级。你们留意那使者来到的时候, 你们要把门关上, 把他挡在门外。他主人的脚步声不是在他后面吗?"
33 他和众长老还在说话的时候, 看哪, 王("王"原文作"使者")就下到他那里, 说: "看哪, 这灾祸是从耶和华来的, 我为什么还仰望耶和华呢?"