1 Toe roep die profeet El¡sa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in G¡lead.

2 As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in 'n binnekamer;

3 neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.

4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in G¡lead.

5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het 'n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!

6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel.

7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Is,bel kan wreek;

8 en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.

9 Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a.

10 En die honde sal Is,bel eet op die dorpsgrond van J¡sreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.

11 Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat.

12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel.

13 Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!

14 Daarop het Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering gesmee teen Joram. En Joram was besig om by Ramot in G¡lead wag te hou, hy en die hele Israel, teen H sael, die koning van Aram.

15 Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen H sael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in J¡sreël te gaan vertel nie.

16 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na J¡sreël, want Joram het daar gelê; en Ah sia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.

17 En terwyl die wag op die toring in J¡sreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?

18 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.

19 Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe die by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!

20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige.

21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ah sia, die koning van Juda, elkeen op sy wa -- hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.

22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Is,bel en haar towerye so baie is?

23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ah sia: Verraad, Ah sia!

24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.

25 Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het:

26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE.

27 Toe Ah sia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by J¡bleam. Maar hy het na Meg¡ddo gevlug en daar gesterwe.

28 En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.

29 En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ah sia koning oor Juda geword.

30 En Jehu het in J¡sreël gekom. Toe Is,bel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.

31 Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer?

32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;

33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.

34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na die vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter.

35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms.

36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg El¡a, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van J¡sreël sal die honde die vlees van Is,bel eet.

37 En die lyk van Is,bel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van J¡sreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Is,bel nie.

1 以利沙先知唤来一位先知门徒, 对他说: "你要束上腰, 手里拿着这瓶膏油, 到基列的拉末去。

2 你到了那里, 要在那里寻找宁示的孙子、约沙法的儿子耶户。你要去, 请他从他的兄弟中起来, 然后把他带进一个密室。

3 你要拿着这瓶膏油, 把油倒在他的头上, 说: "耶和华这样说: ‘我膏立你作王统治以色列。’然后, 你要开门逃跑, 不可停留。"

4 于是那年轻的先知往基列的拉末去了。

5 他到了那里, 看见军队的将领都坐在那里。他就说: "将军, 我有话要对你说。"耶户说: "我们这里所有的人, 你要对哪一个说话呢?"他说: "将军, 我要对你说。"

6 耶户就起来, 进了屋子; 先知门徒就把油倒在耶户的头上, 对他说: "以色列的 神耶和华这样说: ‘我膏立你作王, 统治耶和华的人民以色列。

7 你要击杀你的主人亚哈的家。我要为我仆人众先知的血和所有耶和华的仆人的血, 在耶洗别身上报仇。

8 亚哈的全家都要灭亡; 我要剪除在以色列属亚哈的男人, 无论是自由的, 或是为奴的。

9 我要使亚哈的家好像尼八的儿子耶罗波安的家, 又好像亚希雅的儿子巴沙的家。

10 至于耶洗别, 她的尸体要在耶斯列的田间被狗吃掉, 没有人来埋葬。’"他一说完, 就开门逃走了。

11 耶户出来, 到他主人的臣仆那里去; 他们问他说: "一切都平安吗?那疯子来见你有什么事呢?"他对他们说: "你们认识这个人, 也知道他说些什么。"

12 他们说: "谎话! 请你告诉我们吧。"他说: "他这样对我说: ‘耶和华这样说: 我已经膏立你作王统治以色列。’"

13 他们就急忙把自己的衣服放在他脚下的台阶上, 然后吹响号角宣告: "耶户作王了。"

14 这样, 宁示的孙子、约沙法的儿子耶户背叛约兰了。约兰和以色列众人曾因亚兰王哈薛的缘故, 守卫着基列的拉末。

15 但后来约兰王回到耶斯列去治伤, 就是他与亚兰王哈薛作战时, 弓箭手击伤他的。耶户说: "你们若是同意, 就不要让人逃出这城到耶斯列去报信。"

16 于是耶户登上战车, 往耶斯列去了; 因约兰正在那里卧病, 犹大王亚哈谢下来探望他。

17 站在耶斯列城楼的哨兵看见耶户的队伍来临, 就说: "我看见有一队人马。"约兰说: "叫一个骑兵来, 派他去见他们, 说: ‘平安吗?’"

18 于是有一个骑兵去迎见耶户, 说: "王这样问: ‘平安吗?’"耶户说: "平安不平安和你有什么关系呢?转到我后面去吧! "那哨兵又报告: "使者到了他们那里, 却没有回来。"

19 王又派第二个骑兵去。他来到他们那里, 说: "王这样问: ‘平安吗?’"耶户说: "平安不平安和你有什么关系呢?转到我后面去吧! "

20 那哨兵又报告: "他已经去到他那里, 却没有回来。那驾车的手法很像宁示的孙子耶户, 因为他驾车很凶猛。"

21 约兰就说: "备车。"他们就为他备了车。以色列王约兰和犹大王亚哈谢出城, 他们各自乘坐战车出去见耶户, 就在耶斯列人拿伯的田间遇上了他。

22 约兰看见耶户的时候, 就说: "耶户, 平安吗?"耶户说: "你的母亲耶洗别的淫行和邪术这么多, 还有平安吗?"

23 约兰立刻把车调转过来逃跑, 对亚哈谢说: "亚哈谢啊, 反了! "

24 耶户拉满弓, 射中约兰的背; 箭从他的心窝穿出, 他就倒在自己的车上。

25 耶户对副官毕甲说: "把他抬起来, 丢在耶斯列人拿伯的田地里, 因为我还记得你我一起驾车跟随他父亲亚哈的时候, 耶和华曾宣告了这些有关亚哈的话:

26 ‘昨天我实在看见了拿伯的血和他儿子们的血(这是耶和华的宣告); 我要在这块田地上报应你(这是耶和华的宣告)。’现在你要按着耶和华的话, 把他抬起来丢在田里。"

27 犹大王亚哈谢看见这一切, 就沿着通往伯哈干的路逃走。耶户紧追着他, 说: "还有他! "他们就在靠近以伯莲的姑珥坡把他击伤在战车上。他逃到米吉多, 就死在那里。

28 他的臣仆用车把他的尸体送到耶路撒冷, 葬在大卫城他自己的坟墓, 和他的祖先一同长眠。

29 亚哈的儿子约兰第十一年, 亚哈谢登基统治犹大。

30 耶户到了耶斯列。耶洗别已经听闻, 就涂眼梳头, 从窗户里往外观望。

31 耶户进入城门的时候, 她说: "平安吗, 杀主的心利?"

32 耶户抬头对着窗户, 说: "有谁拥护我?谁?"立时有两三个太监往外望着他。

33 他说: "把她拋下来! "他们就把她拋下去。她的血溅在墙上和马匹身上, 它们也践踏了她。

34 耶户进入屋内, 又吃又喝, 然后说: "你们去料理那被咒诅的妇人, 把她埋了, 因为她是王的女儿。"

35 于是他们去收殓她, 却找不到她的尸体, 只找到头骨、双脚和双掌。

36 他们就回去, 告诉他, 他说: "这正是耶和华借着他仆人提斯比人以利亚所说的话: ‘野狗必在耶斯列的地方吃耶洗别的肉。’

37 耶洗别的尸体要像耶斯列田间的粪肥, 以致人不能说: ‘这是耶洗别。’"