1 En Na„man, die leërowerste van die koning van Aram, was 'n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die HERE aan die Arameërs 'n oorwinning gegee; en die man was 'n dapper held, maar melaats.
2 En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die land van Israel 'n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Na„man se vrou gekom het.
3 En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samar¡a is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.
4 Toe gaan hy in en gee dit aan sy heer te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die land van Israel kom.
5 En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil 'n brief aan die koning van Israel stuur. En hy het gegaan en tien talente silwer en ses duisend sikkels goud en tien stel klere saam met hom geneem,
6 en aan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Na„man na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem.
7 Sodra die koning van Israel die brief gelees het, skeur hy sy klere en sê: Is ek dan God, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van 'n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sien tog net hoedat hy 'n geleentheid teen my soek.
8 Maar toe El¡sa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar 'n profeet in Israel is.
9 So het Na„man dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van El¡sa se huis stilgehou.
10 Toe stuur El¡sa 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.
11 Maar Na„man het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.
12 Is Ab na en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.
13 Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u 'n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?
14 Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van 'n jong seun, en hy het rein geword.
15 Toe draai hy om na die man van God, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel. Neem dan nou tog 'n geskenk aan van u dienaar.
16 Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie se aangesig ek staan, ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier.
17 En Na„man het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar 'n vrag grond gegee word, soveel as 'n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie as net aan die HERE.
18 Mag die HERE in hierdie saak u dienaar vergewe: as my heer in die huis van Rimmon ingaan om hom daar neer te buig, terwyl hy op my hand leun, sodat ek my ook in die huis van Rimmon neerbuig -- as ek my neerbuig in die huis van Rimmon, mag die HERE dan tog in hierdie saak u dienaar vergewe.
19 En hy sê vir hom: Gaan in vrede! Nadat hy 'n ent pad van hom weggetrek het,
20 sê Geh si, die dienaar van El¡sa, die man van God: Kyk, my heer het hierdie Arameër Na„man verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as die HERE leef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem.
21 So het Geh si dan Na„man haastig gevolg. En toe Na„man een agter hom aan sien hardloop, het hy van die wa afgespring hom tegemoet en gesê: Gaan dit goed?
22 En hy antwoord: Dit gaan goed; my heer stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne, profete-seuns, van die gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog 'n talent silwer en twee stel klere.
23 En Na„man sê: Neem asseblief twee talente! En hy het by hom aangehou en twee talente silwer in twee geldsakke toegebind en dit saam met twee stel klere aan twee van sy dienaars gegee, wat dit voor hom uit gedra het.
24 En toe hy by die heuwel aankom, het hy dit uit hulle hand geneem en in die huis in bewaring gegee en die manne laat gaan; en hulle het weggegaan.
25 Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê El¡sa vir hom: Vanwaar, Geh si? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.
26 Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe 'n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?
27 Daarom sal die melaatsheid van Na„man jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu.
1 亚兰王的军长乃缦在他的主人面前是一个大人物, 很得王的赏识, 因为耶和华曾借他把胜利赐给亚兰。这个人是个勇猛的战士, 可惜他是个痲风病人。
2 亚兰人曾经出去结队抢掠, 从以色列地掳了一个小女孩, 她就侍候乃缦的妻子。
3 她对她的女主人说: "如果我的主人去见撒玛利亚的先知就好了, 他必定能治好他的痲风。"
4 于是乃缦去告诉他的主人说: "从以色列地掳回来的女孩子这样这样说。"
5 亚兰王说: "你去吧! 我会送一封书信给以色列王的。"于是乃缦去了, 手里带着三百公斤银子, 约七十公斤金子和十套衣裳。
6 他把信带到以色列王那里, 信上说: "这信既已达到你那里, 你看见我差去见你的臣仆乃缦, 你就要医好他的痲风。"
7 以色列王读了这信后, 就撕裂自己的衣服, 说: "我是 神, 能使人死使人活吗?这人竟派人到我这里来, 要我治好他的痲风。请你们想想看, 他是要找机会攻击我。"
8 神人以利沙听见以色列王撕裂自己的衣服, 就打发人去见王说: "你为什么撕裂自己的衣服呢?请你把他送到我这里来吧! 他就知道在以色列中有先知了。"
9 于是乃缦带着他的车马来到, 停在以利沙的门前。
10 以利沙差派一个使者去见他说: "你去在约旦河中沐浴七次, 你的身体就会复原, 得着洁净。"
11 乃缦却发怒走了, 他说: "我以为他必会出来, 站着求告耶和华他的 神的名, 向着患处摇手, 洁净这痲风病。
12 大马士革的亚罢拿河和法珥法河, 不是比以色列一切河流更好吗?我不是可以在那里沐浴, 得着洁净吗?"于是他掉过头来, 气忿忿地走了。
13 他的仆人上前, 对他说: "我父啊, 先知如果吩咐你作一件大事, 你不是照着行吗?何况他只是说: ‘你去沐浴就得洁净’呢?"
14 于是他下去, 在约旦河里浸了七趟, 正如神人所吩咐的。他的肌肉就复原, 好像小孩子的肌肉, 他就得了洁净。
15 乃缦和他的随员又回到神人那里, 他进去, 站在他面前, 说: "看哪! 现在我知道除了在以色列以外, 全地都没有 神。现在, 请你收下你仆人一点礼物吧。"
16 以利沙说: "我指着我所事奉永活的耶和华起誓, 我决不收取任何礼物。"乃缦再三促请他接受, 都被他拒绝。
17 乃缦说: "你若是不肯收取, 就请你赐你仆人两头驴子可以驮的泥土, 因为你的仆人不再献燔祭或别的祭给别的神, 只献给耶和华。
18 但有一件事, 求耶和华赦免你的仆人; 我的主人到临门庙那里叩拜的时候, 他总是靠在我的手臂上, 因此, 我也曾在临门庙叩拜。我在临门庙叩拜这事, 求耶和华赦免你的仆人。"
19 以利沙说: "你平平安安回去吧。"于是乃缦离开他去了, 走了一段路程。
20 神人以利沙的仆人基哈西心里说: "看哪, 我主人不肯从这亚兰人乃缦手中收取他带来的礼物; 我指着永活的耶和华起誓, 我要追上他, 向他要些东西。"
21 于是基哈西追赶乃缦。乃缦看见有人追上来, 就下车迎着他, 说: "平安吗?"
22 他说: "平安。我主人派我来说: ‘刚才有两位年轻人, 都是先知的门徒, 从以法莲山地来到我这里, 请你给他们三十公斤银子和两套衣服。’"
23 乃缦说: "请你拿六十公斤吧。"他再三促请基哈西, 并把六十公斤银子, 装在两个袋子里, 还有两套衣服, 交给两个仆人。他们就在基哈西前面捧着走。
24 到达山冈后, 他就从他们手中接过东西, 存放在屋子里, 然后打发他们离去, 他们就走了。
25 他进去, 侍立在他主人面前, 以利沙对他说: "基哈西, 你从哪里来?"他说: "你的仆人没有到过什么地方。"
26 以利沙对他说: "那人下车转身迎着你的时候, 我的心不是和你同去吗?现在不是收受银子、衣服、橄榄园、葡萄园、羊、牛、仆人和婢女的时候。
27 因此, 乃缦的痲风要附在你的身上和你后裔的身上, 直到永远。"基哈西从以利沙面前离去时, 就长了痲风, 好像雪那样白。