1 En in die derde jaar van Hos,a, die seun van Ela, die koning van Israel, het Hisk¡a, die seun van Agas, die koning van Juda, koning geword.
2 Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abi, 'n dogter van Sagar¡a.
3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.
4 Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op die dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehustan genoem.
5 Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda n hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.
6 Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.
7 En die HERE was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie.
8 Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en sy grondgebied, van wagtoring af tot versterkte stad.
9 Maar in die vierde jaar van koning Hisk¡a -- dit was die sewende jaar van Hos,a, die seun van Ela, die koning van Israel -- het Salman,ser, die koning van Assirië, teen Samar¡a opgetrek en dit beleër;
10 en hulle het dit ingeneem aan die einde van drie jaar; in die sesde jaar van Hisk¡a -- dit was die negende jaar van Hos,a, die koning van Israel -- is Samar¡a ingeneem.
11 En die koning van Assirië het Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat bly in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië;
12 omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die HERE hulle God nie, maar sy verbond oortree het -- alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het -- sonder om daarna te luister en te handel.
13 Maar in die veertiende jaar van koning Hisk¡a het S nherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.
14 Toe laat Hisk¡a, die koning van Juda, die koning van Assirië na Lagis weet: Ek het gesondig; trek terug van my af weg; wat u my oplê, sal ek lewer. En die koning van Assirië het aan Hisk¡a, die koning van Juda, drie honderd talente silwer en dertig talente goud opgelê.
15 En Hisk¡a het al die silwer gegee wat in die huis van die HERE te vinde was en in die skatkamers van die huis van die koning.
16 In dieselfde tyd het Hisk¡a die goud van die deure in die tempel van die HERE afgesny en van die deurposte wat Hisk¡a, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.
17 Toe stuur die koning van Assirië die tartan en die r bsaris en die r bsake uit Lagis met 'n swaar leër na koning Hisk¡a na Jerusalem toe; en hulle het opgetrek en by Jerusalem gekom. En toe hulle optrek en aankom, het hulle gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam wat aan die grootpad van die Bleikveld lê.
18 En hulle het na die koning geroep. Daarop gaan Âljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, uit na hulle toe.
19 En die r bsake sê vir hulle: Sê tog vir Hisk¡a: So spreek die groot koning, die koning van Assirië! Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester?
20 Dink jy dat net lippetaal raad en dapperheid vir die oorlog is? Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?
21 Kyk nou, jy vertrou op die geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.
22 Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God -- is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hisk¡a verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle buig?
23 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou twee duisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.
24 Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!
25 Het ek nou sonder die HERE opgetrek teen hierdie plek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.
26 Toe sê Âljakim, die seun van Hilk¡a, en Sebna en Joa aan die r bsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.
27 Maar die r bsake sê vir hulle: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?
28 Toe gaan die r bsake staan en roep hardop in die Joodse taal; en hy spreek en sê: Hoor die woord van die groot koning, die koning van Assirië!
29 So sê die koning: Laat Hisk¡a julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie uit sy hand kan red nie.
30 En Hisk¡a moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red, en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
31 Luister nie na Hisk¡a nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,
32 totdat ek julle kom haal na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde, 'n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hisk¡a nie, want hy verlei julle deur te sê: Die HERE sal ons red.
33 Het die gode van die nasies elkeen sy land ooit gered uit die hand van die koning van Assirië?
34 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarv im, Hena en Iwa, dat hulle Samar¡a uit my hand kon gered het?
35 Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?
36 Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.
37 Toe het Âljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hisk¡a gekom en hom die woorde van die r bsake te kenne gegee.
1 以色列王以拉的儿子何细亚在位第三年, 犹大王亚哈斯的儿子希西家登基作王。
2 他登基的时候是二十五岁; 他在耶路撒冷作王二十九年, 他母亲名叫亚比, 是撒迦利雅的女儿。
3 他行耶和华看为正的事, 效法他的祖宗大卫一切所行的。
4 他废去邱坛, 打碎神柱, 砍掉亚舍拉; 他又打碎摩西所做的铜蛇, 因为直到那些日子, 以色列人仍然向它焚香, 称它作尼忽士但。
5 他倚靠耶和华以色列的 神, 在他以前或以后的犹大列王中, 没有像他的。
6 他忠于耶和华, 没有转离不跟从他, 谨守他的吩咐, 就是他曾吩咐摩西的。
7 耶和华和他同在, 他所有的征战都得到成功。他背叛亚述王, 不再臣服他。
8 他攻击非利士人, 直到迦萨和它的四境, 从哨站以至设防城。
9 希西家王在位第四年, 就是以色列王以拉的儿子何细亚在位第七年, 亚述王撒缦以色上来攻击撒玛利亚, 把城围困;
10 过了三年, 他们就攻取了撒玛利亚。希西家在位第六年, 就是以色列王何细亚在位第九年, 撒玛利亚被攻取了。
11 亚述王把以色列人掳到亚述去, 把他们徙置在哈腊、哈博河和歌散河, 以及玛代人的城里;
12 这是因为他们不听从耶和华他们 神的话, 违背他的约; 耶和华的仆人摩西吩咐的一切, 他们都不听从, 不遵行。
13 希西家王在位第十四年, 亚述王西拿基立上来攻击犹大所有的设防城, 占据了它们。
14 犹大王希西家派人往拉吉去见亚述王说: "我有罪了, 请你离我回去吧, 你们加于我的处分, 我必承当。"于是亚述王罚了犹大王希西家九百公斤银子和一百八十公斤金子。
15 希西家就把耶和华殿和王宫宝库内所有的金子都给了他。
16 那时, 犹大王希西家把耶和华殿门上和自己包在门柱上的金子, 都刮了下来, 给了亚述王。
17 亚述王从拉吉派他珥探、拉伯撒利和拉伯沙基率领大军, 往耶路撒冷, 到希西家王那里去。他们就上来, 去到耶路撒冷。他们到达以后, 就站在上池的引水道旁, 在漂布地的大路上。
18 他们呼叫王; 希勒家的儿子王宫总管以利亚敬、书记舍伯那和亚萨的儿子史官约亚就出来见他们。
19 拉伯沙基对他们说: "你们要对希西家说: ‘亚述大王这样说: 你所倚赖的这种防御算是什么呢?
20 你说有作战的智谋和能力, 只是嘴上空言, 现在你倚赖谁才背叛我呢?
21 你看, 你倚赖埃及这压伤的芦苇做的手杖, 人若是倚靠它, 它必刺入他的手, 把手刺伤, 埃及王法老对所有倚赖他的人正是这样。
22 如果你们对我说: 我们倚靠的是耶和华我们的 神, 希西家不是曾把他的邱坛和祭坛废去, 又对犹大人和耶路撒冷人说: 你们要在耶路撒冷这祭坛前敬拜吗?
23 现在, 你可以和我主亚述王打赌, 我给你二千匹战马, 看你能否派出骑兵来骑它们?
24 否则, 你怎能使我主最小的一位臣仆转脸逃跑呢?你竟然倚赖埃及供应战车和战马吗?
25 现在, 我上来攻击这地方, 要毁灭它, 不是有耶和华的意思吗?耶和华曾对我说: 上去攻击那地, 把它毁灭。’"
26 希勒家的儿子以利亚敬、舍伯那和约亚对拉伯沙基说: "请用亚兰语和你的仆人们说话, 因为我们听得懂; 不要用犹大语和我们说话, 免得传入在城墙上的人民的耳中。"
27 拉伯沙基对他们说: "我主派我来, 只是对你的主和你说这些话吗?不也是对坐在城墙上, 和你们在一起吃自己的粪、喝自己的尿的人民说的吗?"
28 于是拉伯沙基站着, 用犹大语大声喊着, 说: "你们要听亚述大王的话。
29 王这样说: ‘不要给希西家欺骗了你们, 因为他不能从我的手中解救你们;
30 也不要让希西家欺骗你们去信赖耶和华说: 耶和华一定会解救我们, 这城必不会交在亚述王的手中。
31 不要听从希西家, 因为亚述王这样说: 你们要与我和好, 出来向我投降, 各人就可以吃自己的葡萄树和无花果树的果子, 喝自己水池里的水。
32 直到我来带你们到一个像你们国家的地方, 那地方有五谷新酒, 粮食和葡萄园, 橄榄树和蜂蜜, 你们必可以活着, 不会死亡。不要听从希西家, 因为他误导你们说: 耶和华必解救我们。
33 列国的神真能解救他们的国土脱离亚述王的手吗?
34 哈马和亚珥拔的神在哪里呢?西法瓦音、希拿和以瓦的神在哪里呢?他们可以解救撒玛利亚脱离我的手吗?
35 这些国家所有的神, 有哪一个曾解救他自己的国家脱离我的手呢?难道耶和华能解救耶路撒冷脱离我的手吗?’"
36 众民都不出声, 一句话也不回答他, 因为王吩咐他们: "不要回答他。"
37 当时王宫总管希勒家的儿子以利亚敬、书记舍伯那和亚萨的儿子史官约亚来到希西家那里, 他们的衣服都撕裂了, 他们把拉伯沙基的话都告诉了他。