1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.
2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor El¡a sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:
3 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
4 Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Ba„l nie gebuig het nie.
5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.
6 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.
7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.
8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
9 En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees 'n vangnet en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding.
10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.
11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.
12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!
13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek 'n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening
14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?
16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
19 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
22 Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.
24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?
25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
27 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.
29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.
30 Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,
31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.
32 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
1 那么我要说, 难道 神丢弃了他的子民吗?绝对没有! 因为我自己也是以色列人, 是亚伯拉罕的后裔, 属于便雅悯支派的。
2 神并没有丢弃他预先知道的子民。难道你们不知道在经上以利亚的话是怎样说的吗?他向 神控诉以色列人:
3 "主啊, 他们杀了你的众先知, 拆毁了你的祭坛, 只剩下我一个人, 他们还在寻索我的性命。"
4 但 神怎样回答他呢?"我为自己留下了七千人, 是没有向巴力屈膝的。"
5 因此, 现在也是这样, 按着恩典的拣选, 还有剩下的余数。
6 既然是靠着恩典, 就不再是由于行为了; 不然的话, 恩典就不再是恩典了。
7 那又怎么样呢?以色列人恳切寻找的, 他们没有得到, 蒙拣选的人倒得着了。其余的人都成了顽固的,
8 正如经上所记: " 神给了他们麻木的灵, 有眼睛却看不见, 有耳朵却听不到, 直到今日。"
9 大卫也说: "愿他们的筵席成为他们的网罗、陷阱、绊脚石和报应;
10 愿他们的眼睛昏暗, 不能看见; 愿他们的背脊常常弯曲。"
11 那么我要说, 他们失足是要倒下去吗?绝对不是! 反而因为他们的过犯, 救恩就临到外族人, 为了要激起他们奋发。
12 既然他们的过犯可以使世人富足, 他们的失败可以使外族人富足, 何况他们的丰盛呢?
13 我现在对你们外族人说话, 因为我是外族人的使徒, 所以尊重我的职分,
14 这样也许可以激起我骨肉之亲奋发, 使他们中间有一些人得救。
15 如果他们被舍弃, 世人就可以与 神复和; 他们蒙接纳, 不就等于从死人中复活吗?
16 如果首先献上的生面是圣的, 整团面也是圣的; 如果树根是圣的, 树枝也是圣的。
17 如果把几根树枝折下来, 让你这野橄榄可以接上去, 一同分享那橄榄树根的汁浆,
18 你就不可向那些树枝夸口。你若要夸口, 就应当想想: 不是你支持着树根, 而是树根支持着你。
19 那么你会说, 那些树枝被折下来, 就是要把我接上去。
20 不错, 他们因为不信而被折下来, 你因着信才站立得住。只是不可心高气傲, 倒要存畏惧的心。
21 神既然不顾惜那本来的树枝, 也不会顾惜你。
22 所以要留意 神的恩慈和严厉: 对跌倒的人, 他是严厉的; 对你, 只要你继续在他的恩慈里, 他是恩慈的; 不然的话, 你也会被砍下来。
23 至于他们, 如果不是继续不信, 他们仍然会被接上去, 因为 神能够把他们再接上去。
24 你这从野生的橄榄树上砍下来的, 尚且可以不自然地接在栽种的橄榄树上, 那些本来就有的树枝, 不是更能够接在原来的橄榄树上吗?
25 弟兄们, 我不愿意你们对这奥秘一无所知, 免得你们自以为聪明。这奥秘就是以色列人当中有一部分是硬心的, 直到外族人的全数满了;
26 这样, 全以色列都要得救, 如经上所记: "拯救者必从锡安出来, 除掉雅各家的不敬虔的心;
27 我除去他们罪恶的时候, 就与他们立这样的约。"
28 就福音来说, 因你们的缘故, 他们是仇敌; 就拣选来说, 因祖宗的缘故, 他们是蒙爱的。
29 因为 神的恩赏和呼召是决不会反悔的。
30 正如你们从前不顺服 神, 现在却因着他们的不顺服, 你们倒蒙了怜悯;
31 照样, 他们因着你们所蒙的怜悯, 现在也不顺服, 使他们现在也可以蒙怜悯。
32 因为 神把所有的人都圈在不顺服之中, 为了要怜悯所有的人。
33 神的丰富、智慧和知识, 是多么高深啊! 他的判断是多么难测, 他的道路是多么难寻!
34 "谁知道主的心意, 谁作过他的参谋?"
35 "谁先给了他, 以致他要偿还呢?"
36 因为万有都是本于他, 倚靠他, 归于他。愿荣耀归给他, 直到永远。阿们。