1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
3 Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.
4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
10 En die gebod wat die lewe moes wees, die het vir my geblyk die dood te wees.
11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.
12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.
13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.
14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.
17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.
22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;
23 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! [ (Romans 7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. ]
1 弟兄们, 我对懂得律法的人说, 你们不晓得律法管辖人, 是在他活着的期间吗?
2 一个已婚的妇人, 在丈夫活着的时候, 她是受律法约束归属丈夫; 丈夫若死了, 她就脱离丈夫在律法上的约束。
3 所以, 当丈夫还活着的时候, 如果她归属别的男人, 就称为淫妇; 丈夫若死了, 她就脱离了律法的约束, 如果她归属别的男人, 也不是淫妇。
4 这样, 我的弟兄们, 你们借着基督的身体, 对律法来说也已经死了, 使你们归属另一位, 就是那从死人中复活的, 为的是要我们结果子给 神。
5 我们从前属肉体的时候, 罪恶的情欲借着律法在我们的肢体里发动, 就结出死亡的果子。
6 但现在, 我们既然向那捆绑我们的律法死了, 就脱离了律法的约束, 好让我们用心灵的新样子, 而不用仪文的旧方式来服事主。
7 这样, 我们可以说什么呢?难道律法是罪吗?绝对不是。不过, 如果不是借着律法, 我就不知道什么是罪; 如果不是律法说"不可贪心", 我就不知道什么是贪心。
8 但罪趁着机会, 借着诫命在我里面发动各样的贪心, 因为没有律法, 罪是死的。
9 在没有律法的时候, 我是活的; 但诫命一来, 罪就活了,
10 我就死了, 那本来使人活的诫命, 反而使我死了;
11 因为罪借着诫命把握着机会来欺骗我, 并且杀了我。
12 这样, 律法是圣洁的, 诫命也是圣洁、公义和良善的。
13 既是这样, 那良善的反而使我死吗?绝对不是! 但罪借着那良善的使我死, 就显出真是罪, 为了要使罪借着诫命变成更加邪恶。
14 我们知道律法是属灵的, 我却是属肉体的, 已经卖给罪了。
15 因为我所作的, 我不明白; 我所愿意的, 我没有去作, 我所恨恶的, 我倒去作。
16 如果我所不愿意的, 我倒去作, 我就不得不承认律法是好的。
17 既是这样, 那就不是我作的, 而是住在我里面的罪作的。
18 我知道在我里面, 就是在我肉体之中, 没有良善, 因为立志行善由得我, 行出来却由不得我。
19 所以我愿意行的善, 我没有去行; 我不愿意作的恶, 我倒去作了。
20 我若作自己不愿意作的事, 那就不是我作的, 而是住在我里面的罪作的。
21 因此, 我发现了一个律, 就是我想向善的时候, 恶就在我里面出现。
22 按着我里面的人来说, 我是喜欢 神的律,
23 但我发觉肢体中另有一个律, 和我心中的律争战, 把我掳去附从肢体中的罪律。
24 我这个人真是苦啊! 谁能救我脱离这使我死亡的身体呢?
25 感谢 神, 借着我们的主耶稣基督就能脱离了。可见, 一方面我自己心里服事 神的律, 另一方面我的肉体却服事罪的律。