1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;

8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;

9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

12 Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;

13 omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.

14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle geen wet nie;

15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,

16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

17 Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,

18 en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,

19 en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is,

20 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het

21 jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?

22 Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

23 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

24 Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

25 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.

26 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?

27 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie?

28 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie d¡t is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;

29 maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is die van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

1 你这判断人的啊! 无论你是谁, 都没有办法推诿。你在什么事上判断人, 就在什么事上定自己的罪; 因为你所作的, 正是你所判断的事。

2 我们知道, 神必照着真理审判行这些事的人。

3 你这个人, 你判断行这些事的人, 自己所行的却是一样, 你以为能逃脱 神的审判吗?

4 还是你藐视 神丰富的恩慈、宽容和忍耐, 不晓得他的恩慈是要领你悔改的吗?

5 可是你一直硬着心肠, 不肯悔改, 为自己积蓄 神的忿怒, 就是他彰显公义审判的那天所要发的忿怒。

6 神必照各人所作的报应各人:

7 以永生报答那些耐心行善、寻求荣耀尊贵和不朽的人,

8 却以震怒和愤恨报应那些自私自利、不顺从真理而顺从不义的人;

9 把患难和愁苦加给所有作恶的人, 先是犹太人, 后是希腊人,

10 却把荣耀、尊贵与平安赐给所有行善的人, 先是犹太人, 后是希腊人。

11 因为 神并不偏待人。

12 凡不在律法之下犯了罪的, 将不按律法而灭亡; 凡在律法之下犯了罪的, 将按律法受审判。

13 因为在 神面前, 不是听律法的为义, 而是行律法的得称为义。

14 没有律法的外族人, 如果按本性行律法上的事, 他们虽然没有律法, 自己就是自己的律法;

15 这就表明律法的作用是刻在他们的心里, 有他们的良心一同作证, 他们的思想互相较量, 或作控告、或作辩护。

16 这也要照着我所传的福音, 在 神借着耶稣基督审判各人隐情的那一天, 彰显出来。

17 你身为犹太人, 倚靠律法, 仗着 神夸口,

18 而且明白他的旨意, 又从律法得了教导, 能够辨别什么是好的,

19 自信是瞎子的向导, 在黑暗中的人的光,

20 愚昧人的导师, 小孩子的教师, 在律法上得了整套的知识和真理;

21 你既然教导别人, 难道不教导自己吗?你传讲不可偷窃, 自己却偷窃吗?

22 你说不可奸淫, 自己却奸淫吗?你憎恶偶像, 自己却劫掠庙宇吗?

23 你既然以律法夸口, 自己却因犯律法而羞辱 神吗?

24 正如经上所说的: " 神的名, 因你们的缘故在列邦中被亵渎。"

25 你若遵行律法, 割礼固然有益处; 但你若是犯律法的, 你的割礼就不是割礼了。

26 这样, 没有受割礼的人, 如果遵守律法所规定的, 他虽然没有受过割礼, 不也算是受过割礼的吗?

27 那本来没有受割礼却遵守律法的人, 就要审判你这有仪文和割礼而犯律法的人。

28 因为表面上作犹太人的并不是犹太人, 在肉身上表面的割礼也不是割礼。

29 唯有在内心作犹太人的才是犹太人; 割礼也是心里的, 是靠着圣灵而不是靠着仪文。这样的人所受的称赞, 不是从人来的, 而是从 神来的。