1 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees
2 dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart.
3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, 'n vervloeking te wees, w,g van Christus af.
4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;
5 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê.
10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.
11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep
12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.
13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!
15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?
20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,
23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,
24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
25 Soos Hy ook in Hos,a sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
28 want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
29 En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie 'n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
30 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;
31 terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.
32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.
33 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
1 我在基督里说的是实话, 并没有撒谎, 因为我的良心在圣灵里一同为我作证;
2 我大大忧愁, 心里常常伤痛。
3 为我的同胞, 就是我骨肉之亲, 就算自己受咒诅, 与基督隔绝, 我也甘心。
4 他们是以色列人: 嗣子的名分、荣耀、众约、律法、敬拜的礼仪和各样的应许, 都是他们的。
5 蒙拣选的列祖也是他们的祖宗; 按肉身来说, 基督也是出自他们这一族。其实, 他是在万有之上, 永远受称颂的 神。阿们。
6 当然, 这不是说 神的话落了空, 因为出自以色列的, 不都是以色列人;
7 也不因为他们是亚伯拉罕的后裔, 就都成为他的儿女, 只有"以撒生的, 才可以称为你的后裔",
8 这就是说, 肉身生的儿女并不是 神的儿女, 只有凭着应许生的儿女才算是后裔。
9 因为所应许的话是这样: "明年这个时候我要来, 撒拉必定生一个儿子。"
10 不但如此, 利百加也是这样: 既然从一个人, 就是从我们的祖宗以撒怀了孕,
11 双生子还没有生下来, 善恶也没有行出来(为要坚定 神拣选人的旨意,
12 不是由于行为, 而是由于那呼召者), 神就对她说: "将来大的要服事小的。"
13 正如经上所记的: "我爱雅各, 却恶以扫。"
14 既是这样, 我们可以说什么呢? 神不公平吗?绝对不会!
15 因为他对摩西说: "我要怜悯谁, 就怜悯谁; 我要恩待谁, 就恩待谁。"
16 这样看来, 既不是出于人意, 也不是由于人为, 只在于那怜悯人的 神。
17 经上有话对法老说: "我把你兴起来, 是要借着你显出我的大能, 并且使我的名传遍全地。"
18 这样看来, 他愿意怜悯谁就怜悯谁, 愿意谁刚硬就使谁刚硬。
19 这样, 你会对我说: "那么他为什么责怪人呢?有谁抗拒他的旨意呢?"
20 你这个人哪, 你是谁, 竟敢跟 神顶嘴呢?被造的怎么可以对造他的说: "你为什么把我做成这个样子呢?"
21 陶匠难道没有权用同一团的泥, 又做贵重的、又做卑贱的器皿吗?
22 如果 神有意要显明他的忿怒, 彰显他的大能, 而多多容忍那可怒、预备遭毁灭的器皿,
23 为了要使他丰盛的荣耀, 彰显在那蒙恩、早已预备要得荣耀的器皿上, 这又有什么不可呢?
24 这器皿就是我们这些不但从犹太人中, 也从外族人中蒙召的人。
25 就如 神在何西阿书上说的: "我要称那不是我子民的为我的子民, 那不蒙爱的为蒙爱的;
26 从前在什么地方对他们说: 你们不是我的子民, 将来就在那里称他们为永活 神的儿子。"
27 以赛亚指着以色列人大声说: "以色列子孙的数目虽然多如海沙, 得救的不过是剩下的余数;
28 因为主必在地上迅速而彻底地成就他的话。"
29 又如以赛亚早已说过的: "如果不是万军之主给我们存留后裔, 我们早就像所多玛和蛾摩拉一样了。"
30 既是这样, 我们还有什么可说的呢?那不追求义的外族人却得了义, 就是因信而得的义。
31 但以色列人追求律法的义("律法的义"原文作"义的律法"), 却达不到律法的要求。
32 这是什么缘故呢?因为他们不凭信心, 只靠行为。他们绊倒在那绊脚石上,
33 正如经上所记: "看哪, 我在锡安放了一块绊脚石, 是绊倒人的磐石; 信靠他的人, 必不致失望。"