1 En terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,

2 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.

3 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.

4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyf duisend geword.

5 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,

6 ook Annas, die hoëpriester, en K jafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;

7 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?

8 Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

9 as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het,

10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasar,ner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14 En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag

16 en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.

17 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.

18 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.

19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.

21 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.

22 Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.

23 En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.

24 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

25 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?

26 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.

27 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het,

28 om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.

29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,

30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

32 En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.

33 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.

34 Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

35 En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.

36 En Joses wie se bynaam onder die apostels B rnabas was -- wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting -- 'n Leviet, van geboorte uit Ciprus,

37 het 'n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

1 使徒们正对群众讲话的时候, 祭司、圣殿的守卫, 和撒都该人来到他们那里。

2 因为使徒教训群众, 并且传扬耶稣复活, 证明有死人复活这件事, 他们就非常恼怒,

3 于是下手拿住使徒。那时天已经晚了, 就把他们拘留到第二天。

4 然而有许多听道的人信了, 男人的数目, 约有五千。

5 第二天, 犹太人的官长、长老、经学家, 都聚集在耶路撒冷,

6 还有大祭司亚那和该亚法、约翰、亚历山大, 以及大祭司的家人, 所有的人都在那里。

7 他们叫使徒都站在当中, 查问说: "你们凭什么能力, 奉谁的名作这事?"

8 当时彼得被圣灵充满, 对他们说: "民众的领袖和长老啊!

9 我们今天受审, 如果是为了在那残疾人身上所行的善事, 就是这个人怎么会好的,

10 那么, 你们各位和以色列全民都应当知道, 站在你们面前这人好了, 是因拿撒勒人耶稣基督的名。这位耶稣基督, 你们把他钉死在十字架上, 神却使他从死人中复活。

11 他是你们‘建筑工人所弃的石头, 成了房角的主要石头。’

12 除了他以外, 别无拯救, 因为在天下人间, 没有赐下别的名, 我们可以靠着得救。"

13 他们看见彼得和约翰的胆量, 也知道这两个人是没有学问的平民, 就很惊奇; 同时认出他们是跟耶稣一伙的,

14 又看见那医好了的人, 和他们一同站着, 就没有话可辩驳。

15 于是吩咐他们到公议会外面去, 彼此商议说:

16 "对这些人我们应该怎么办呢?因为有一件人所共知的神迹, 借着他们行了出来, 所有住在耶路撒冷的人都知道, 我们也无法否认。

17 为了避免这件事在民间越传越广, 我们应该警告他们, 不许再奉这名向任何人谈道。"

18 于是叫了他们来, 严禁他们再奉耶稣的名讲论施教。

19 彼得和约翰回答: "听从你们过于听从 神, 在 神面前对不对, 你们自己说吧!

20 我们看见的听见的, 不能不说! "

21 众人因着所发生的事, 都颂赞 神, 于是公议会为了群众的缘故, 也因为找不到借口惩罚他们, 就恐吓一番, 把他们放了。

22 原来借着神迹医好的那人, 有四十多岁了。

23 彼得和约翰被释放了之后, 回到自己的人那里去, 把祭司长和长老说的一切, 都告诉他们。

24 他们听了, 就同心向 神高声说: "主啊, 你是那创造天地、海洋和其中万物的主宰。

25 你曾以圣灵借着你仆人我们祖先大卫的口说: ‘列国为什么骚动?万民为什么空谋妄想?

26 地上的君王都起来, 首领聚在一起, 敌对主和他的受膏者。’

27 希律和本丢.彼拉多, 外族人和以色列民, 真的在这城里聚集, 反对你所膏立的圣仆耶稣,

28 行了你手和你旨意所预定要成就的一切。

29 主啊, 他们恐吓我们, 现在求你鉴察, 也赐你仆人们大有胆量, 传讲你的道。

30 求你伸手医治, 借着你圣仆耶稣的名, 大行神迹奇事。"

31 他们祷告完了, 聚会的地方震动起来, 他们都被圣灵充满, 放胆传讲 神的道。

32 全体信徒一心一意, 没有一个人说自己的财物是自己的, 他们凡物公用。

33 使徒大有能力, 为主耶稣的复活作见证, 众人都蒙了大恩。

34 他们中间没有一个有缺乏的, 因为凡有田产房屋的都卖了, 把得到的钱拿来,

35 放在使徒脚前, 照着各人的需要来分配。

36 有一个人名叫约瑟, 使徒称他为巴拿巴, 就是"安慰者"的意思, 他是个利未人, 生在塞浦路斯。

37 他卖掉了自己的田地, 把钱拿来, 放在使徒的脚前。